Leesplan inligting

Die wegrapingVoorbeeld

Die wegraping

DAG 1 VAN 7

Die wegraping

Tussen Openbaring 3 en 4 gebeur daar iets met die kerk. Die woord gemeente (of “kerk”) kom byna 20 keer in Openbaring 1-3 voor, en dan eers weer in hoofstuk 22. Waarheen het die kerk gegaan? (en met die woord “kerk” bedoel ons hier kinders van God wat Jesus se verlossing aangegryp het). Dis baie eenvoudig. Ons almal sal na die hemel weggeneem word. Die woord wat ons gebruik om hierdie gebeurtenis te beskryf is die wegraping.

In 1 Tessalonisense 4:16-17 NLV gee die apostel Paulus vir ons meer besonderhede oor wat sal gebeur:

Wat eerste gaan gebeur, is dat die Here self uit die hemel sal neerdaal en dat die dooies wat aan Christus behoort, sal opstaan. Dit sal gebeur wanneer die hoofengel ’n bevel gee en God se trompet weerklink. Daarna sal ons wat bly lewe het, saam met hulle op wolke die lug in weggevoer word om die Here te ontmoet en vir altyd by Hom te wees.

Nadat die dooies wat aan Christus behoort uit die dood opgestaan het, sal almal wat aan die kerk behoort en steeds op die aarde leef, saam met ons opgestane broers en susters in die Here “weggevoer” word. Saam sal ons ons Verlosser op die wolke in die lug ontmoet. Die Griekse woord wat met “weggevoer” vertaal word, is harpazo. Toe die Nuwe Testament in Latyn vertaal is, het hierdie woord rapturo geword. Dit is waar die Engelse woord rapture vandaan kom. In Afrikaans word dit as wegraping weergegee.

Op hierdie manier sal Jesus sy belofte aan die kerk vervul: “As Ek gegaan en vir julle plek ingerig het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh. 14:3 NLV). Op daardie oomblik, soos 1 Korintiërs 15:51-53 NLV sê, sal ons verander word:

Ek wil aan julle ’n diep waarheid vertel wat God aan ons bekendgemaak het. Dit is dat ons nie almal sal sterf nie, maar ons almal sal verander word. Dit sal dadelik, ja, in ’n oogwink gebeur, wanneer die laaste trompet weerklink. Want as die trompet sy klank laat hoor, sal die dooies met onverganklike liggame opgewek word. En dan sal ons ook verander word. Want ons verganklike aardse liggame moet in hemelse liggame omskep word wat nooit sal sterf nie.

Sien jy nie ook uit na daardie dag nie? Ons leef in aardse liggame wat besig is om stadig te sterf. Ons is sondig en verganklik. Maar dit is tog alles reg. Ons hoef nie daaroor ontsteld te raak nie, want daar wag vir ons nuwe, beter liggame.

Die oomblik wat ons weggevoer word om by ons Verlosser te wees, sal ons totsiens sê aan sterflikheid en onsterflikheid groet. Ons liggaamselle sal nie meer agteruitgaan nie. Siektes sal ons nie meer pla nie. Ons sal nie weer kan sterf nie. En ons sal vir ewig by ons Verlosser wees.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die wegraping

Wat is die wegraping van die kerk? Watter Bybelgedeeltes vertel vir ons van die wegraping? Wat is die doel van die wegraping? Wie sal weggeraap word? Amir Tsarfati kyk na hierdie en ander vrae in dié 7-dag leesplan wat f...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid