Leesplan inligting

Keuses wat suksesvolle paartjies maakVoorbeeld

Keuses wat suksesvolle paartjies maak

DAG 4 VAN 7

Kies om te vergewe

As gevolg van die noodsaaklikheid in enige verhouding om mekaar te vergewe, gaan ons uitspel hoe vergifnis lyk. Daar is vier stappe wat paartjies moet leer om mekaar werklik te kan vergewe. Dit is noodsaaklike elemente in die proses van vergifnis.

’n Opregte verskoning is die eerste stap in die proses van vergifnis en behels dat jy probeer verstaan hoekom jy die ander persoon ontstel het. Dit behels ook ’n daadwerklike poging om te voorkom dat dit weer gebeur. ’n Opregte verskoning is ’n proses wat verbintenis en deursettingsvermoë behels. Ek wil jou egter waarsku om nie om verskoning te vra wanneer jy dit nie bedoel nie. Sê net jy is jammer wanneer jy dit bedoel; wanneer jy glo dat jy verkeerd opgetree het en wil keer dat dit weer gebeur.

Tweedens behels die proses van vergifnis berou. Jy moet vir jou maat wys dat jy werklik spyt is oor jou optrede en ’n plan het om te keer dat jy weer in die toekoms só optree. Dit gee gewig aan jou verskoning. As jy nie berou toon vir jou optrede en duidelik wys dat jy wil verander nie, gee jy vir jou maat geen rede om te glo dat jy nie weer net dieselfde ding in die toekoms sal doen nie.

Verantwoordbaarheid is die derde stap en dit behels dat albei partye hulle verwagtinge vir die toekoms uitdruk. Dit beteken egter meer as om net die ander persoon verantwoordelik te hou om veranderinge te maak. Dit beteken ook daar moet ’n plan ontwikkel word wat duidelik al die faktore van wat gebeur het in ag neem. Dit is van toepassing op albei partye aangesien een maat se optrede die ander een se vermoë om te verander, kan beïnvloed.

Laastens, wanneer jy jou maat se verskoning aanvaar, beteken dit jy is oortuig hy of sy het ware berou vir wat hulle gedoen het en sal hard werk om te verhoed dat dit weer gebeur. Jy moet net vergifnis aanbied as jy eerlik bereid is om griewe en bitterheid te laat vaar en die persoon te behandel asof dit nooit gebeur het nie. Jy moet glo jou maat is daartoe in staat om te verander en verwag dat hulle suksesvol sal wees daarin. Dit is baie moeilik. Dit is makliker om jouself te beskerm deur te verwag jou maat gaan misluk as om jouself kwesbaar te stel vir toekomstige hartseer deur sukses te verwag.

Wanneer was die laaste keer wat jy werklik berou getoon het vir iets wat jy teen jou maat verkeerd gedoen het? Was jou maat se reaksie deernis of oordeel?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Keuses wat suksesvolle paartjies maak

Ons almal beleef soms konflik, maar dit is HOE ons dit hanteer wat saak maak. Hierdie leesplan gaan jou uitdaag om konflik in jou huwelik te hanteer deur die beste keuses vir julle verhouding te maak. Jy het meer verantw...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/39242

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid