Leesplan inligting

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 2)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 2)

DAG 2 VAN 5

Wat oorheers jou gedagtes vanmôre? Wat is dit wat jou aandag aflei en jou verhoed om op hierdie woorde te konsentreer? Watter gedagtes kom na vore en laat jou glo dat jou ergste vrese gaan waar word?


Wat as ek jou vertel dat daar 'n manier is om daardie gedagtes en vrese te laat vaar?


Gaan lees Eksodus 2:1-10 in enige Bybelweergawe wat vir jou lekker lees.


Let op dat hierdie ma ook 'n dilemma gehad het. Haar probleem is nie dieselfde as joune nie, maar ek is seker dat dit haar gedagtes heeltyd oorheers het. Sy het probeer om haar seun teen 'n seker dood te beskerm (Eksodus 1:15-20). Maar hierdie ma het alles gedoen wat sy kon. Vir drie maande het sy haar seun weggesteek! Ek weet nie van jou seuns nie, maar een van myne kon baie hard huil. 'n Diep mansstem, selfs as 'n baba. Om hom weg te steek, sou beslis nie 'n maklike taak gewees het nie. Maar sy het dit reggekry.


Toe sy alles gedoen het wat sy moontlik kon doen, het sy hom in 'n mandjie gesit.


Lees nou die gebeure wat daarop gevolg het. Die koning se dogter kom toevallig net op daardie tyd om te bad. Sy sien toevallig die mandjie. Haar hart gaan toevallig uit na daardie huilende Hebreeuse baba. Sy suster wat toevallig daar naby is, bied aan om 'n oppasser te kry wat hom kan voed en sy neem hom na sy eie ma toe terwyl die koning se dogter hom onwettig neem om haar eie seun te wees. Sy lewe is gespaar!


Hierdie "toevallige" gebeure is allesbehalwe toevallig. Hulle kom uit die hart van 'n liefdevolle Vader wat naby is wanneer ons ons probleme, vrese en bekommernisse in sy hande — die mandjie — plaas. Hy tree altyd vir ons beswil op, en Hy gebruik alle dinge om dit te doen. Hy vra van ons om ons kinders, ons mans, ons vrese en ons bekommernisse vir Hom te gee — ter wille van ons beswil en tot sy eer.


Wat is jou vrees? Jou moeilike omstandigheid? Jou fokus? Kan jy dit laat vaar?


Sit dit in die mandjie! Staan terug en kyk wat gebeur.


O, Vader. Ek weet my vrese is besig om die oorhand oor my te kry. Ek soek na maniere om my kinders te dissiplineer, die volgende rekening te betaal, my man lief te hê, my ma, broers en susters en die buurman te hanteer en al die ander lewenskwessies wat my onderkry. Gee my die moed om vandag al hierdie dinge aan U oor te gee. Ek maak 'n wilsbesluit om hulle in u liefdevolle hande — die mandjie — te plaas. Gee my die geduld om agteroor te sit sonder om self te probeer en gee my oë wat u magtige krag aan die werk kan sien. Ek vertrou U.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 2)

Aanmoeding vir ma's van 'n ma wat 7 kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 2 van 12 in hierdie reeks leesplanne deur Robin Meadows

Ons wil graag vir Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid