Leesplan inligting
Skattejag Met MollieVoorbeeld
Kyk na dinge vanuit 'n hemelse perspektief
“Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie” — Kolossense 3:2.
Mollie sê:
Amelda het erg te kere gegaan toe ek nie haar aanbod aanvaar het om die stewels te koop nie. Sy het my van erge dinge beskuldig en dit het my hart seergemaak. Ek moes haar toe agterlaat, omdat ek 'n sending gehad het om te voltooi.
Ná my harde val in die veld oorkant my skool, het my bril 'n klein krakie gehad. Dit het my nie veel gepla nie, maar Reginald het daarop aangedring dat ons Dr. Oscar, die dorp se oogkundige, gaan sien. Die skaam, maar vriendelike verkleurmannetjie het in 'n japtrap my bril reggemaak.
Ek kon nie glo hoe anders alles gelyk het toe ek my nuwe bril opgesit het nie. Die dorp was gevul met helder, lewendige kleure. Die hele dorp was vol lig en vreugde.
Toe ek Amelda weer raakloop, het hierdie bril my gehelp om te sien wat (of wie) agter haar erge gedrag in Madam Muis se winkel was. Ek kon haar vergewe vir al die pynlike dinge wat sy gesê en gedoen het.
Dinge is nie altyd soos dit lyk nie. Soms moet ons dieper kyk.
“Kyk altyd verder as wat jy kan sien as jy die ware perspektief wil hê” — Dr. Oscar.
Kyk na dinge vanuit 'n hemelse perspektief
Soms kan ons in die versoeking kom om op 'n situasie te reageer sonder om die tyd te neem om dieper te kyk. Die Bybel sê: "Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug" (Efesiërs 6:12). As ons 'n dieper insig het, help dit ons om die regte manier (en 'n meer doeltreffender manier) te vind om moeilike verhoudings of omstandighede te hanteer.
Is daar verhoudings of omstandighede wat jy 'n bietjie moeilik vind?
Hoe kan jy hierdie verhouding of probleem vanuit 'n hemelse perspektief beskou?
Vandag se Skattejag
Soek voorwerpe wat jou daaraan sal herinner om dieper na dinge te kyk.
- 'n Bybelvers wat jou daaraan herinner om 'n hemelse vooruitsig te hê
- 'n Vergrootglas of verkyker.
- 'n Foto van jou en jou beste vriend.
Kom ons bid
Hemelse Vader,
Dankie dat U die oë van my hart oopmaak. Help my om in moeilike omstandighede en verhoudings, die regte perspektief te vind. Help my om te besef wanneer dit belangrik is om mense te vergewe wat my seergemaak het.
In die Naam van Jesus.
Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jou kind 'n hupstoot nodig om selfvertroue en geloof te hê in wie God hom of haar geskep het om te wees? Kom saam met ons op 'n avontuur om die skat in jou hart te ontdek. Skep 'n skatkis van geloofs-geïnspireerde sk...
More