Leesplan inligting

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™Voorbeeld

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

DAG 1 VAN 21

“Bid met passie” God beantwoord slegs gebede wat met geloof gebid word. As jy dus bid sonder om te glo sal jy niks ontvang nie. Dis baie van ons se probleem – eintlik glo ons nie dat God ons sal red nie en dit maak God se hart seer. Dis soos as jou seuntjie na jou toe kom en vra: “Pa, gaan ons vandag middagete eet?” en jy na hom kyk en sê: “Natuurlik gaan ons. Het jy al ooit nié middagete gekry nie?” Dieselfde geld vir God: As ons bid, moet ons glo dat God ons gebed sal verhoor. Om met ywer te bid beteken om régtig te bid. Onthou jy hoe ons Here in die tuin van Getsemane gebid het en daar bloeddruppels op die grond geval het? Sommige van ons gebede is pateties. Ons glo nie, ons staan nie op ons knieë nie, ons bring nie tyd in ons dag in die Woord deur om die Here se aangesig te soek nie. In Jakobus 5:17 lees ons van Elia, wat ernstig gebid het dat dit nie moes reën nie. Elia was net ’n gewone man, maar hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie en toe het dit nie gereën nie. Ek wil jou aanmoedig om met ’n ander gesindheid te begin bid. Jy kry nie omdat jy nie vra nie. Geloof volg by die aanhoor van die prediking, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van God se Woord. Begin tyd deurbring in God se Woord om rigting nét by God te kry, nie by elke Jan Rap en sy maat nie. Begin dan ook effektief bid. Jy bid dalk om ’n baba te kry. Wel, dis presies wat Abraham en Sara gedoen het: Hulle het hul vertroue in God gestel en Hy het vir hulle ’n kind gegee. Bediening werk slegs deur geloof. As die Here vir ons sê om iets te gaan doen, sal Hy voorsien wat nodig is. God sal jou deur elke situasie dra en Hy sál sy beloftes gestand doen. God beantwoord effektiewe, passievolle gebede. Maak seker jou lewe dra God se goedkeuring weg, vra na sy wil en bedank Hom by voorbaat. GEBED: Here, ek vra dat U my meer moed en ywer sal gee wanneer ek bid. Mag ek gebede bid wat van groot geloof spreek en mag ek waarlik glo dat U my sal antwoord. Amen. Geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS DEUR ANGUS BUCHAN © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

Hierdie 21 dae-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed. H...

More

Ons wil graag Angus Buchan / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumuitgewers.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid