Leesplan inligting

Fokus Op VasVoorbeeld

Fokus Op Vas

DAG 7 VAN 7

Om te vas

In vandag se teksverse lees ons hoe die Here vir Saulus en Barnabas uitgekies het vir ’n spesiale werk. Hoe het hulle geweet waarheen om te gaan en wat om te doen? Groot vrae het groot antwoorde nodig en daarom het hulle lank gevas en gebid en die Here gevra om vir hulle die regte pad te wys.

Om te vas beteken om vir ’n tyd lank kos of sekere aktiwiteite prys te gee sodat jy beter op die Here kan fokus. Dit skep ruimte in jou lewe wat die Here dan met Homself kan vul. Wanneer ek honger is vir kos, kan ek Hom dan vra om my te versadig met Jesus, die “brood wat lewe gee” (Johannes 6:51). Wanneer ek nog besittings wil hê, kan ek bid dat sy liefde my tevrede sal maak met wat ek reeds het. Wanneer my dag te stil en leeg voel, kan ek luister na God se stem. As ek vreeslik lus is vir lekkergoed, kan ek my eerder verlustig in hoe goed die Here is. Wanneer ’n mens vir ’n tyd lank vas, maak dit jou ontvanklik en gereed om God se stem te hoor.

Wag jy vandag vir antwoorde van die Here af? Is daar ’n probleem wat jy moet oplos? Bid en vas en wees verseker dat die Here vir jou sal gee wat jy nodig het!

Here, ons wil so graag u stem hoor! Wys vir ons wat om te laat staan sodat ons meer ruimte het om op U te fokus. Amen.

Hierdie oordenking is geneem uit HOOP VIR ELKE MÔRE deur Joanna Teigen © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Fokus Op Vas

Nie alle Christene het die gewoonte om gereeld te vas nie. Dit is egter van onskatbare waarde, ook in die moderne era waarin ons vandag leef. Ons gaan die volgende 7 dae kyk na wat vas is, wat dit nié is nie en hoekom di...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid