Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Tydens KersfeesVoorbeeld

Living Changed: At Christmas

DAG 1 VAN 5

Afwagting

Die Kersseisoen is gevul met wonder en vreugde. Daar is soveel om na uit te sien, met Kersfeesliggies wat oral glinster, geskenke wat uitgeruil word, groot familie byeenkomste en spesiale geregte wat ons net gedurende hierdie tyd van die jaar geniet. Afwagting en opwinding vul die lug soos ons vir die viering van Jesus se geboorte voorberei.


Met Jesus se geboorte het 'n soortgelyke afwagting tussen die Jode geheers. Hulle het na die koms van die Messias uitgesien. Dié een wat hulle sou kom red. God het hulle al vir eeue van sy plan vertel om hulle te red en dit sou alles begin deur die maagdelike geboorte.


Ongeveer 700 jaar voor Jesus se geboorte het God deur die profeet Jesaja voorspel: "Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem" (Jesaja 7:14).


Kort voor Jesus se geboorte is hierdie woorde van die profeet herhaal. 'n Engel het aan Josef, Jesus se aardse vader, verskyn en in 'n droom en aan hom gesê:


"Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos" Matteus 1:21.


Dit het alles plaasgevind om te vervul wat God deur die profeet gesê het: "'Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.' Die naam beteken 'God by ons'" Matteus 1:23


Dit is slegs een voorbeeld van die vele profesieë wat deur die geboorte van Jesus vervul is. Jesus het ook gedurende sy bediening aan sy volgelinge nog meer beloftes gemaak oor wat nog op pad is. Hy het ook gesê Hy sal uit die dood opgewek word en die sonde oorwin. Hy het gesê Hy sal die Heilige Gees stuur om hulle te help en te lei. Ook sal Hy 'n plek vir hulle voorberei en hulle eendag daarheen kom haal. God het sy belofte gehou om 'n Verlosser te stuur en daarom het die mense ook hierdie beloftes geglo.


Nie een van daardie beloftes het verval nie. Elke een is vandag nog steeds vir ons waar. Dit is hoe ons na Jesus se geboorte kan kyk en weet daardie hoop is vervul, en glo die hoop wat kom is seker. Net soos die Jode vir die koms van die Verlosser gewag het, wag ons vir sy beloofde terugkeer.


Terwyl jy deur hierdie feestyd gaan, hou aan glo dat die beloftes wat God gemaak het, waar en getrou is. Nie net vir ander nie, maar spesifiek ook vir jou. Wanneer jy sukkel, kies om te fokus op wie Hy is en ook op alles wat Hy alreeds vir jou gedoen het. Dit is wel moontlik om deur die feestyd met 'n ewige perspektief te gaan met hoop oor situasies wat eers hopeloos gelyk het, met geloof in moeilike tye, met vreugde ongeag ons omstandighede en vrede te midde van die chaos.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: At Christmas

Gedurende die gewoel ter voorbereiding van die feestyd is dit maklik om die ware betekenis mis te kyk van dit wat ons vier. In hierdie 5-dag adventleesplan delf ons dieper in die beloftes wat deur die geboorte van Jesus ...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid