Leesplan inligting

Huweliksbeloftes Voorbeeld

Huweliksbeloftes

DAG 1 VAN 5

Volgens ons Westerse Christelike norme is die huweliksbeloftes dit wat paartjies tydens 'n huwelikseremonie aan mekaar en voor God op hulle troudag aflê. Alhoewel die presiese aard en bewoording van troubeloftes baie kan wissel en ook van paartjie na paartje kan verskil, is daar tog ‘n duidelike patroon wat faktore soos godsdiens, persoonlike oortuigings en die persoonlikhede van hulle wat die geloftes maak het, kan bepaal. Baie keer pla die senuwees so as ons voor die kansel staan dat die woorde van die formulier nie insink nie. Dit gebeur ook maklik dat paartjies so oorweldig is deur al die gebeure van die dag dat teen die tyd dat hulle die reis amptelik begin, na die heuning van die wittebrood, alles wat belowe is iewers kliphard probeer om weer ‘n spreekbeurt te kry. ‘n Kans om hulle te herhinner aan die belangrikste beloftes wat man en vrou ooit kan maak.

Ek vermoed baie huwelike sal baie langer hou as mense in die eerste plek onthou aan wie ons die beloftes maak. Aan God en dan aan mekaar. Dan sal die erns van die woorde van die predikant weerklink wat waarsku dat ons nie ligtelik met die gedagte van die huwelik kan omgaan nie. Wanneer jy iets aan iemand belowe, is dit die hoogste vorm van waarborg wat jy kan bied.

Het julle ooit weer na julle huweliksbeloftes gekyk, of geluister? Wanneer en wat het dit vir julle beteken?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Huweliksbeloftes

Wanneer jy gedurigdeur herhinner word aan die beloftes wat voor God en sy mense gemaak is, word die erns van jou verbintenis herhaaldelik opgeroep. Dit gebeur so maklik dat die beloftes wat voor die predikant op die huwe...

More

Ons wil graag Die Volle Evangelie Kerk van God in S.A bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.fgcsa.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid