Leesplan inligting

Ontdek jou Werklike Waarde Met Lindsay RobertsVoorbeeld

Discover Your True Worth With Lindsay Roberts

DAG 2 VAN 5

Elisa en sy dienskneg was in 'n stad wat omsingel is deur die Arameërs, die vyande van Israel se weermag. Tydens 'n geveg teen Israel wou die koning van Aram vir Elisa gevange neem omdat Elisa se profetiese gawe die koning van Israel vooruit ingelig gehou het van wat die Arameërs volgende beplan (2 Konings 6:9). Hierdie gawe om die Arameërs se aanvalle te voorspel, het natuurlik die Aramese koning gefrustreer, daarom wou hy Elisa gevange neem (verse 12-13). Elisa se dienskneg het een oggend wakker geword en besef dat hy en Elisa deur die Aramese weermag met hul perde en strydwaens omsingel is (vers 15).


Op die oog af het dit voorgekom of Elisa gedoem was. Sy dienskneg het gedink dat hulle altwee vermoor gaan word, maar Elisa het tot die Here gebid: "Here, maak tog sy oë oop dat hy kan sien" (vers 17). Die Here het onmiddellik aan die jongman die perde en strydwaens van vuur geopenbaar wat oral om hulle was. Toe het God die hele Aramese weermag verblind sodat Elisa hulle in die stad Samaria kon inlei, waar hulle eers kos gekry het voordat hy hulle na hul eie land teruggestuur het. Wat verbasend is, is dat Aram gedurende hierdie tyd nooit weer vir Israel aangeval het nie (verse 18-23).


Die belangrikste deel van hierdie verhaal is dat Elisa en sy dienskneg verstaan het dat 'n mens eenvoudig op God moet staatmaak en glo dat Hy weet wat die beste is. Solank as wat hulle aan God onderdanig gebly het, het alles volgens God se plan verloop. Toe die betrokke persone besef het dat God se plan vir sukses baie beter was as enige plan vir mislukking wat die duiwel gehad het, het God se plan oorgeneem. Wanneer ons bereid is om God te vertrou met die drama in ons lewens, kan ons die deur oopmaak vir God om sy plan van verlossing, naamlik volkome herstel, in werking te stel ...


God wil hê dat ons vertroue moet lê in ons vreesloosheid, ons vrymoedigheid en ons sekerheid in Hom. Hy het aan ons vergoeding belowe. Die "groot beloning" van ons vertroue en geloof beteken dat Hy ons sal vergoed of aan ons terug besorg dit wat na regte ons s'n is.


Gebed


Here, ek wil die standvastige moed en vreesloosheid van Elisa en ander Bybelse helde hê. Help my asseblief om vas te staan op u Woord en om U in alle opsigte te vertrou. Amen


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Discover Your True Worth With Lindsay Roberts

Hierdie leesplan is vir elke vrou wat al ooit gevrees, geval, gewaag, misluk, gebid, gehoop, liefgehad of verloor het. Dit is vir elkeen wat al vasgeklou of weggeloop het, wat mismoedig was of gevoel het dat sy in tyd va...

More

Ons wil graag ons dank betuig aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://amzn.to/3GdJp41

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid