Leesplan inligting

Gawes & GroeiVoorbeeld

Gifting & Growth

DAG 1 VAN 3

EK? BEGAAFD?



Kersfees was so spesiaal toe ons kinders was. Op Kersoggend het ons ons gehaas om ons geskenke te soek wat noukeurig deur ons ouers met wasig-moeë oë onder die vars denneboom opgestapel is. Daar was gille van vreugde wanneer ons ons geskenke vind en dit oopmaak.



In 1 Konings 10:2 lees ons van die koningin van Skeba wat geskenke gebring het wat by 'n koning pas — goud, edelgesteentes, speserye en wie weet wat nog. “Oo's” en “Aa's” moes die lug gevul het toe elke geskenk oopgemaak en vertoon is.



God se gawes aan ons is eweneens toegedraai in sy liefde en is daar vir ons om op te eis. Eers wanneer ons ons gawes ontdek, kan ons dit tot sy heerlikheid vertoon. Hoe word ons bewus van ons gawes en hoe eis ons dit op? 1 Timoteus 4:14a sê vir ons: “Moenie die genadegawe wat jy het, verwaarloos nie.” Moenie jou geskenk onder die boom laat lê nie! Nie almal kry 'n groot geskenk nie, maar as ons ons s'n, hoe klein en eenvoudig ook al, tot sy verheerliking gebruik, sal dit tot 'n groot seën vir almal begin ontwikkel.



In 2 Timoteus 1:6-7 lees ons weer: “Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas. Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.”



Teen die agtergrond van mag, kan liefde en selfdissipline daarteenoor bleek en onbeduidend lyk, maar deur hulle nie te verwaarloos nie en eerder tot God se verheerliking aan te wend, kan hulle groei tot kragtige gawes. Wanneer ons dit doen, gee God ons meer. Ons sien 'n vergelyking in 1 Konings 10:13 — koning Salomo het die koningin van Skeba alles gegee wat sy begeer en gevra het, buiten wat hy haar uit sy koninklike oorvloed gegee het. Enige geskenk kan tot 'n groot seën groei, net soos 'n klein akkertjie tot ‘n massiewe eikeboom groei of 'n saad honderdvoudig vermeerder.



Niemand moet dink dat hy of sy nie begaafd is nie. Volgens Romeine 12:7-21 het elke mens een of ander geestelike gawe. Het jy al ooit daaraan gedink dat dit 'n gawe is om nie kwaad met kwaad te vergeld nie?



Kom ons begin om ons gawes op te eis en dit kragtig en verantwoordelik tot God se verheerliking te gebruik.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Gifting & Growth

Die grootste geboue begin met die lê van 'n enkele baksteen. Baie van ons raak moedeloos as ons nie die gawe wat in ons belê is, kan vind nie. Tensy ons geestelike gawes erken, kan ons dit nie effektief tot die verheerli...

More

Ons wil graag vir Rani Jonathan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://ourupsdowns.blogspot.in

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid