Leesplan inligting

Vertrou Op Die Een Wat Getrou Is Voorbeeld

Vertrou Op Die Een Wat Getrou Is

DAG 1 VAN 14

Geen bekommernisse nie


Terwyl ek vandag se oordenking skryf, sit ek in my gebedskamer en kyk deur die venster na ’n groot swart-en-wit frieskoei. Hierdie koei het nie ’n bekommernis in die wêreld nie. Dit is vroegoggend, daar is dou op die gras en sy wei met die grootste oorgawe. Sy is volkome sorgvry. Sy is nie bekommerd oor wat sy môreoggend of selfs vanmiddag sal eet nie. Haar stert swiep heen en weer wanneer ’n vlieg haar nou en dan ’n bietjie irriteer, maar buiten dit het hierdie koei geen sorge nie. Sy is God se skepping en God sorg vir haar.


Die Here het my al soveel keer oortuig dat wanneer ek begin bang raak, my geloof as’t ware by die venster uitvlieg. Geloof en vrees is direkte teenoorgesteldes van mekaar. As jy vandag bang is, sal jy nie op God kan vertrou nie. Ek wil jou daarom vandag aanmoedig om meer soos daardie frieskoei te wees wanneer jy by die deur uitstap. Leef net vir vandag, moenie oor môre bekommerd wees nie. Jesus sê môre het genoeg van sy eie bekommernisse. Sê vir Hom dankie vir vandag. Voordat jy jou dagtaak aanpak, sê vir Hom dankie vir jou gesin, jou gesondheid, jou werk en die kos wat Hy vandag vir jou gegee het. Moenie oor môre bekommerd wees nie, want môre breek dalk nooit eens aan nie. Jesus kan vandag terugkom om ons in heerlikheid saam met Hom huis toe te neem.


Die goeie nuus is dat geloof die vaste versekering is dat die dinge waarna ons uitsien inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak (Heb. 11:1). Daardie koei is nie besorg oor wat môre sal gebeur nie. Al wat sy op hierdie oomblik doen, is om haar maag met die soet gras te vul en die sonskyn op haar rug te geniet. En sy ervaar volkome vrede.


Wanneer jy vandag die dag aanpak, onthou een ding vir seker: As God vír jou is, wie kan dan teen jou wees (Rom. 8:31)? Dit is hoe jy deur die dag sal kom – deur jou vertroue te plaas in die Een wat volkome betroubaar is.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vertrou Op Die Een Wat Getrou Is

“As jy vandag jou vertroue in iemand wil plaas, is daar niemand wat jou vertroue meer verdien nie as die Goeie Herder, die Here Jesus Christus. Ek kan hierdie Herder van harte aanbeveel. Sedert die dag dat ek die eerste ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid