Leesplan inligting

Maak Kinders Groot Om Geld-slim Te WeesVoorbeeld

Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids

DAG 5 VAN 10

Dag 05: Die Moeite Werd (Spaar)


"Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God" (Hebreërs 12:11).


Ons lewe in 'n kultuur van kits bevrediging. Ons wil nie vir iets wag nie, en die spoed waarteen tegnologie ontwikkel spoor ons "ek moet dit nou hê"-houding aan.


Alles wat ons nodig het, is so naby as 'n klik. Ons kan die weer nagaan, 'n afspraak vir 'n ete maak, 'n paar skoene bestel en fotos vir 'n vriend stuur. Ons kan amper enigiets, enige tyd kry, of ons die geld daarvoor het of nie.


Dit is die kultuur waarin ons kinders grootword!


Dit is hoekom dit so belangrik is om kinders te leer om te spaar. Dink so daaroor: jy is baie versigtiger om geld te spandeer wanneer jy gespaar het en iets kontant koop. Jy beleef die transaksie wanneer jy daardie kontant oorhandig. Dis soos om 'n stukkie van jouself te oorhandig omdat jy so hard daarvoor gespaar het.


Dit is wat ons wil hê ons kinders moet ervaar. Die ontwikkeling van selfdissipline sodat ons onmiddellike bevrediging so 'n bietjie uitstel, kan ons kinders se lewens stadiger maak. Hulle kan leer dat dit in orde is om geld te spandeer, solank hul besluite wys is.


Dissipline kom tog nooit maklik nie. Die skrywer van Hebreërs het erken dat selfdissipline nie na iets lyk om oor bly te wees nie. Dit kan eintlik by tye baie moeilik wees, maar die goeie vrug van vrede en geregtigheid wat daardeur voortgebring word, maak dit alles die moeite werd.


Dit is 'n baie goeie les vir kinders om sommer vroeg in die lewe al te leer. Daag jou kinders uit om vir groot aankope te spaar en wys hulle hoe jy dit ook doen. Dit sal 'n waardevolle les in geduld en die stel van doelwitte vaslê. Moedig hulle ook aan om 'n noodfonds op te bou om hulle te herinner om vir die toekoms voor te berei, want dit sal gevoelens van eiegeregtigheid en onmiddellike bevrediging verhoed.


Een van die belangrikste lesse om geld-slim kinders groot te maak, is om jou kinders te leer hoe en waarom hulle moet spaar. Ek kan nie aan 'n beter manier dink hoe hulle lewenslank sukses kan behaal as om hul eenvoudig te leer hoe om geld te spaar nie.


Om bevrediging uit te stel kan moeilik wees. Dit verg dissipline en dit gebeur nooit oornag nie. Dit is 'n proses, maar dit is beslis die moeite werd.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids

Rachel Cruze is grootgemaak en geleer hoe om met geld te werk. As Dave Ramsey se dogter, is sy van 'n jong ouderdom af geleer hoe om hard te werk, skuld te vermy, vrygewig te gee, met wysheid te spandeer en vir die toeko...

More

Ons dank gaan aan Rachel Cruze en Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: www.daveramsey.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid