Leesplan inligting

Geloof - Leef Doelbewus en Ewigheids GefokusVoorbeeld

Geloof - Leef Doelbewus en Ewigheids Gefokus

DAG 1 VAN 5

Leef Doelbewus en Ewigheidsgefokus


Hierdie Bybelstudie oor geloof vloei vanuit die volgende verklaring: oortuig oor alles wat God sê, kies ek om te lewe met ‘n hart wat volledig oorgegee is.


God het die voëls geskep om te vlieg, en nie om te bly sit op die nes nie. Het jy al gedink hoe dit vir ‘n klein voëltjie moet wees om daardie stap te neem buite die nes en die waarheid te ervaar in alles wat dit by die mamma voël geleer en gesien het? Stel jou voor dat voëls sal berus vir ‘n lewe in die nes, in plaas daarvan om te sweef.


Die Here wil hê dat sy gelowiges op geloofsvlerke moet sweef. Die Bybel is ons gids, die karakters daarin ons voorbeelde, en die Heilige Gees ons hulp vir die lewe in geloof. Die Bybel is vol getuienisse wat ‘n alternatiewe lewe van rebellie en ongehoorsaamheid gekies het, asook die wat ‘n lewe van oorgawe in geloof gekies het. Die Bybel gee duidelik opdrag omtrent hierdie lewe in geloof, terwyl die Heilige Gees altyd teenwoordig is ter ondersteuning, hulp en bekragtiging van die gelowige. Die weeklikse uitdaging is – kies jy om te sit of te sweef?


Daagliks: begin met Skriflesing, bid vir openbaring en antwoord die daaropvolgende vrae.


Wat is die konteks?


Maak ‘n opsomming in jou eie woorde waaroor die gedeelte gaan.


Skryf wat jy weet uit die Skrifgedeelte oor God, Jesus en die Heilige Gees.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Geloof - Leef Doelbewus en Ewigheids Gefokus

Die Here wil hê dat sy gelowiges op geloofsvlerke moet sweef. Die Bybel is ons gids, die karakters daarin ons voorbeelde, en die Heilige Gees ons hulp vir die lewe in geloof. Die Bybel is vol getuienisse wat ‘n alternati...

More

Ons bedank graag Neighbor Bible Studies 2GO / NBS2GO, Rebecca Davie en Debbie McGoldrick vir die aanbieding van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.nbs2go.com/youversion-subscriber-welcome

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid