Leesplan inligting

RomeineVoorbeeld

Romans

DAG 6 VAN 16

Keuses


"Wat beteken dit? Kan ons nou maar sonde doen omdat ons nie onder die wet van Moses staan nie maar onder die genade? Beslis nie" — Romeine 6:15



As jy op 'n wandeling by 'n vurk in die pad kom, sal jy moet kies of jy links of regs verder gaan. Jy sal nie op albei paaie gelyktydig kan stap nie. Jy sal ook nie 'n gedeelte van die pad eers op die een en dan verder op die ander pad kan loop nie, want hoe verder jy op die pad loop wat jy gekies het, hoe verder beweeg jy ook weg van die ander pad af. Dit is onmoontlik om gelyktydig in twee verskillende rigtings te beweeg.



Wanneer ons met Christus kennis maak, kom ons by so 'n vurk in die pad — ons lewenspad. Terwyl ons nog vrolik op weg was, ontmoet ons vir Christus en dan moet ons kies watter pad ons verder gaan neem — om Hom te volg of om voort te gaan deur net vir onsself te lewe. Ons moet een van die twee kies. Ons kan nie albei hê nie, want dit sou wees soos om terselfdertyd op twee uiteenlopende paaie te loop.



Hoe verder ons op die pad reis wat ons gekies het om God te volg, hoe verder kom ons weg van die pad om in sonde te lewe. Ons hoef nie aan die wet verbonde te wees om nie te sondig nie. Ons sal nie sonde doen nie — selfs as geen wet oor ons regeer nie — omdat ons nie op daardie pad is nie. Ja, ons sal wel foute maak, maar ons sal nie langer in sonde lewe nie. Eintlik, indien ons steeds gewoonte-sondaars is nadat ons met Christus kennis gemaak het, dan het ons die verkeerde pad gekies en in plaas daarvan dat genade op ons wag, sal ons voor oordeel te staan kom. Soos Hebreërs 10:26-27 dit stel: "Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie. Daar bly alleen 'n verskriklike verwagting oor van oordeel en 'n gloeiende vuur wat die teenstanders van God sal verteer."



Jesus het in Matteus 6:24 gesê: "Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie." Ons kan nie sondig en terselfdertyd vir God volg nie. As ons God as ons Baas kies, sal ons in gehoorsaamheid aan Hom lewe. As ons aan God ongehoorsaam is en 'n lewe lei wat Hom nie behaag nie, beteken dit ons het slawe van die sonde geword (Romeine 6:16).



Wanneer ons ons keuse maak, moet ons ook onthou dit het nagevolge. Uiteenlopende paaie lei na uiters verskillende bestemmings. Alhoewel verlossing 'n geskenk van God aan ons is en nie verdien kan word nie, is dit 'n geskenk wat net gegee word aan diegene wat kies om God te volg (Romeine 6:22-23). As ons eerder die pad van sonde kies, sal dit in die dood en ewige skeiding van God uitloop. Ons eindbestemming hang dus af van die pad wat ons vir ons lewens kies. Dit is ons eie keuse.



Is jy op pad in die regte rigting of het jy van die pad afgedwaal? As jy afgedwaal het, wat moet jy doen om weer op dreef te kom?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Romans

Hierdie leesplan sal jou met ʼn hoofstuk per dag deur Romeine lei. Elke dag sal gepaardgaan met ʼn meditasie oor een van die verse in daardie dag se hoofstuk. Hulle behandel onderwerpe soos geloof, hoe om reg te leef en ee...

More

Ons wil graag vir Flat Fish, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: https://courageousmagazine.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid