Leesplan inligting

Habakuk se ReisVoorbeeld

Habakkuk's Journey

DAG 1 VAN 6

"Ontmoet vir Habakuk"



Oordenking:

Habakuk is 'n boek wat maklik onsekerheid kan aanwakker en nadenke kan uitlok. Dit is maklik om uit te daag en moeilik om uitgedaag te word. As manne en vroue van God moet ons bereid wees om beide te doen. Ek weet dat ek vinnig 'n ander kan uitdaag, maar wanneer dit andersom is, is my natuurlike ingesteldheid om op die verdediging te wees. Dit word 'n daad van diens aan God om die uitdagings te aanvaar wat Hy aan jou gestel het, met die doel om persoonlik te groei.



Persoonlike Oordenkingsvrae:

Staan 'n bietjie tyd af om hierdie vrae te oordink voordat jy verder gaan. Beantwoord hulle so eerlik en volledig as moontlik en wees vir môre op die skrywer se gedagtes voorbereid.



1. Watter tema het die meeste uitgestaan toe jy Habakuk 1 gelees het?



2. Hoekom dink jy is Habakuk by die kanonieke boeke ingesluit? Wat dink jy is God se doel met hierdie hoofstuk?



3. Wat was die kommer gedurende die tyd van hierdie skrywe?



4. Hoe verwys dit na waar ons nou is?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Habakkuk's Journey

Hierdie leesplan is 'n reis deur moeilike tye saam met Habakuk.

Baie dankie aan Tommy L. Camden wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://portcitychurch.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid