Leesplan inligting

Lewe Veranderd: As 'n Enkel MaVoorbeeld

Living Changed: As a Single Mom

DAG 6 VAN 6

Vryheid


Alles wat ons in hierdie leesplan behandel het, is bedoel om jou na een ding te lei — vryheid in Christus. Deur Jesus se kruisdood vir ons sondes, sy begrafnis en sy opstanding word ons die geleentheid gebied om volkome vryheid in Hom te ervaar. Hierdie soort vryheid gee ons die vermoë om hoop aan te gryp, ons ware identiteit in Christus te vind, vergifnis te ontvang en te gee, 'n verhouding met God te geniet en in ons doel te wandel.



Die Bybel sê wanneer ons die waarheid aangryp, sal vryheid in ons lewens vrygestel word. Vryheid in Christus beteken dat jy nie 'n slagoffer van jou omstandighede, jou verlede of jou bekommernisse oor die toekoms is nie. 



Ek het veral gesukkel met die idee dat ek 'n slagoffer van my eie lewe is. Ek het nie vry gevoel toe ek omring was deur die gedurige behoeftes van my kinders, 'n deurmekaar huis en rekeninge wat ek nie kon betaal nie. Dit was regtig moeilik om te sien dat dit wat ek deurgemaak het net tydelik was. Ek moes myself daaraan herinner dat God ewig is en as gevolg van my verhouding met Hom, is ek ook. Dit sou nie altyd soos nou wees nie. Die enigste is Jesus wat altyd dieselfde was, is en altyd sal wees.



Met Jesus word jy bemagtig om moeilike dinge te doen. Jy kan meer doen as om enkelmoederskap te oorleef; jy kan daarin floreer! As mammas wil ons die beste vir ons kinders hê. Wat ons egter moet besef is dat ons nou die beste aan ons kinders kan gee, in hierdie oomblik, deur ons wense oor te gee en te vergeet van hoe dinge was of sou gewees het. 



In Spreuke word na die “Deugsame Vrou” verwys. Ek hou baie daarvan dat 'n deel van haar nalatenskap is dat haar kinders opstaan en haar geseënd noem. Hulle is trots om haar ma te noem. Ons het ook 'n ongelooflike geleentheid om 'n nalatenskap vir ons kinders te skep, en ons kan net hier begin, nou.



Liewe Vader, ek wil vryer wees. Ek wil meer doen as om hierdie tydperk waarin ek is te oorleef. Ek wil 'n erfenis van liefde nalaat, in vryheid lewe en toegang hê tot alles wat U vir my en my gesin wil gee. Ek nooi U uit om voort te gaan om my hart te genees. Gee my asseblief die selfvertroue om die ma te wees wat U my geskep het om te wees. Gee my hoop vir die toekoms en moed om U al my dae te volg. Amen.



Ons bid dat God hierdie leesplan gebruik het om jou hart te bedien.

Verken Ander Lewe Verandered Leesplanne

Leer Meer oor Changed Women's Ministries 


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: As a Single Mom

Die werk van 'n enkelma is moeilik en soms eensaam, maar dit is ook die belangrikste rol wat jy ooit sal speel. Die waarheid is, God het jou gekies en toegerus om jou gesin te lei. In hierdie 6-dag leesplan, sal jy hulpb...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid