Leesplan inligting

Vroue Van Die WoordVoorbeeld

Vroue Van Die Woord

DAG 1 VAN 14

“Hou moed en wees vriendelik” (deur Janet Cruywagen)


Die fliek Cinderella (2015) het mense wêreldwyd geïnspireer. Die bekende woorde wat die fliek se onderbou uitmaak, het my diep getref: “Hou moed en wees vriendelik. Waar daar vriendelikheid, is daar goedheid en waar daar goedheid is, is daar misterie.”


Dink aan die laaste maand of twee van jou lewe. Dink aan al die koerantopskrifte, dit wat jy op TV sien, dit wat jy dalk by jou werk beleef? Kom die woorde “goedheid, vriendelikheid, moed” by jou op? Waarskynlik nie. Ons realiteit is een van gejaagdheid, moedeloosheid, mense in boksies plaas, vrees en angstigheid oor die toekoms.


Miga 6 se woorde kom daag ons egter op ’n dieper vlak uit. Ons weet wat goed is, ons het dit in ons om ons realiteit te transformeer na ’n realiteit van hoop, lig en goedheid. Nie omdat ons oulik is nie, maar omdat ons dogters van God is.


God loop ’n pad met ons elkeen. Keer op keer herinner Hy ons deur sy Woord wie ons is en dat Hy Hom oor ons ontferm. En dit is veronderstel om iets in ons wakker te maak. ’n Stuk dankbaarheid moet in ons losbars. Ons moet verby die dominante storie van vrees, moedeloosheid en seerkry kyk en begin raaksien dat God se pad met ons ’n pad van deernis en ontferming is. Miga daag ons uit om met sagte oë na dié om ons te begin kyk, om ons verhoudings te herstel, om gesond te maak, daar waar ons woorde en dade wonde gelos het.


Dink net wat sal gebeur wanneer ons “moed”, “vriendelikheid” en “goedheid” begin uitleef!


Here, dankie dat woorde soos “moed”, “vriendelikheid” en “goedheid” my identiteit kan wees. Dankie dat U saam met my stap. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vroue Van Die Woord

Ons realiteit is een van gejaagdheid, moedeloosheid, vrees en angstigheid oor die toekoms. Maar keer op keer herinner God ons deur sy Woord wie ons is en dat Hy Hom oor ons ontferm. Kyk verby die dominante storie van vre...

More

Ons wil Christian Art Publishers bedank vir die aanbieding van hierdie plan. Vir meer inligting besoek: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid