Leesplan inligting

’n Nuwe BeginVoorbeeld

’n Nuwe Begin

DAG 5 VAN 7

Onbeplande, onverwagte verandering 


Dalk was jy al daar … jou lewe het ’n lekker gemaklike ritme aangeneem. Dit gaan goed by die werk. Dit gaan goed met die kinders. Jy is selfs op ’n plek waar dit goed gaan met jou finansies. Jy begin so ’n bietjie ontspan … en dan skielik breek alle chaos los … jou huwelik is verby, jy verloor jou werk, of ’n siekte tref jou … iets gebeur wat jou in ’n onverwagse situasie laat vol skrikwekkende spanning – finansieel, in jou verhouding, in jou werk. 


Verandering. Ja, dit is nie pret nie. Verandering is wat met Elimelek en Naomi gebeur het. Die lewe soos hulle dit geken het, het volkome verander en om te oorleef, moes hulle na ’n ander land toe trek. Dit kon nie maklik gewees het nie. Hulle het alles wat hulle geken het, agtergelaat – hulle huis, familie, werk, vriende en dié wat dieselfde God as hulle aanbid het. Dit maak ’n mens nogal bang. Het hulle God vertrou om vir hulle te sorg, ongeag wat? Dit lyk of hulle het. Hulle geloof in God was deel van hulle lewe. Ons sien dit ook later in Naomi se lewe. 


Onbeplande verandering kan jou hele wêreld omkeer. Maar gaan jy bly waar jy is, of gaan jy opstaan en na die seën van die volgende nuwe geleentheid soek? Verandering hoef nie die einde te beteken nie, dit beteken net dinge is nou anders. God weet altyd wat die volgende “nuwe oomblik” is. En … dit is altyd nogal baie goed.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

’n Nuwe Begin

Ons staan dikwels voor een of ander vorm van ’n nuwe begin. Wanneer ’n nuwe begin jou in die gesig staar, selfs al is dit as gevolg van ’n pynlike situasie, moet jy fyn oplet en soek na nuwe geleenthede in hierdie nuwe b...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid