Leesplan inligting

Die Wapenrusting - Klere Vir Die OkkasieVoorbeeld

Die Wapenrusting - Klere Vir Die Okkasie

DAG 1 VAN 6

Ken die waarheid in ’n wêreld waar almal "reg" is!


Ons is in ‘n onsigbare stryd gewikkel en ons vyand, die Satan, het ‘n klomp slim plannetjies om ons te laat struikel. Een van sy grootste en gevaarlikste wapens wat hy graag gebruik, is leuens. Daarom het Jesus vir ons die waarheid as gordel gegee. Wanneer ons hierdie gordel dra (wat die res van ons wapenrusting in hul plek hou), sal ons nie  voor sy leuens swig nie! 


Onthou: Die wapenrusting wat Jesus vir ons gegee het, is nie sodat ons aggressief moet baklei nie. Nee, ons lees duidelik dat hierdie wapenrusting ons help om staande te bly, om onsself te beskerm en om in oorwinning te lewe.


Hoe beveg ons die vyand se leuens? Met die waarheid! Hierdie waarheid moet ons ken, praat en leef. Voordat ons die waarheid kan praat en leef, moet ons eers doodseker maak dat ons weet wat die waarheid is. 


Dus, wat is die waarheid? Voordat ons dink om die "wat" te antwoord, moet ons eers begin by die "wie". Wie is die waarheid? Jesus sê vir ons in Johannes 14:6 dat Hy die weg, die WAARHEID en die lewe is. Die waarheid is ‘n persoon en sy Naam is Jesus. 


Jesus wil hê dat jy Hom persoonlik moet ken. Hoe beter jy Hom leer ken, hoe beter sal jy ook die waarheid begin verstaan, praat en leef. 


Dalk dink jy die idee dat Jesus die waarheid is, nog steeds nie vir jou lekker sin maak nie! Kom ons sê dit in ander woorde: Alles wat Jesus is, dit wat Hy op aarde gedoen en gesê het en waaroor Hy getuig het (dat God Hom spesiaal gestuur het sodat die wêreld God nog beter kan leer ken), is die waarheid. Daaraan moet ons vashou en dit glo. 


Hoe trek ek en jy die gordel van waarheid aan? Deur in Jesus te glo, Hom te leer ken en te verstaan wat die Woord sê wie God is. Ons moet ook uitvind hoe God sy kinders (elkeen van ons) sien en hoe Hy oor ons dink! 


Hoekom is dit vir ons vandag so moeilik om die waarheid in ons wêreld te vind? 


Die wêreld se morele standaard: 


In ons samelewing met al sy leuens, het 'n nuwe morele standaard posgevat wat vir baie mense die algehele waarhede van die evangelie vervang. Dit word genoem die “moraliteit van selfvervulling”, en word gekenmerk deur dié ses oortuigings:


- Die beste manier om jouself te vind is om jouself te ondersoek. 


- Jy mag nie iemand anders se lewenskeuses kritiseer nie. 


- Om in die lewe vervulling te kry, moet jy met alle mag dit wat jy begeer nastreef, al is dit nie noodwendig wat jy nodig het nie. 


- Die belangrikste is om die lewe soveel as moontlik te geniet. 


- Mense kan glo net wat hulle wil, solank dit nie die samelewing beïnvloed nie. 


- Enige vorm van seksuele uitdrukking tussen twee instemmende mense, is aanvaarbaar.


God se morele standaard:


Om as God se mense te floreer, moet ons toelaat dat sy morele orde ons lewens regeer: 


- Om jouself te vind, ontdek die Waarheid buite jouself — in Jesus. 


- Om ander lief te hê, beteken nie dat jy altyd moet stilbly nie. 


- Ons vind nie vreugde in die strewe na ons eie begeertes nie, maar deur ander te seën.


- Die belangrikste in die lewe is om God te verheerlik. 


- God gee mense die vryheid om te glo net wat hulle wil, maar hulle moet ook die nagevolge daarvan aanvaar. 


- God het grense vir seks en seksualiteit ontwerp sodat mense daarbinne kan floreer.


Om hierdie waarheid uit te leef, moet ons God se waarheid ken! Die waarhede wat Hy vir ons in sy Woord gee; en moet daardie waarhede, soos 'n gordel, alles in ons lewe bymekaar hou. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Wapenrusting - Klere Vir Die Okkasie

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie. Voel dit vir jou asof jy nie oorwinning in die stryd behaal nie? Het jy al jou uitdagings vanuit 'n geestelike perspektief benader? Oorwinning in hierdie stryd word behaal deur d...

More

Ons wil The Great Colab Ministries bedank vir die aanbieding van hierdie plan. Vir meer inligting besoek: https://www.youtube.com/channel/UCNSvbXWhRFKUWsRpch1wG8g

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid