Leesplan inligting

Bybelondersoeker vir die Jongmens (Psalm – Deel 1)Voorbeeld

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

DAG 5 VAN 19

Die Koning van Konings



Psalm 10:16a



Die Here bly altyd koning!



Solank as wat jy vir God het, is jy nooit alleen nie, ongeag hoe eensaam of seergemaak jy is. Die lewe is dalk nie altyd so soet soos 'n suigstokkie nie. Soms kan dit bitter wees, soos 'n bitter-karkoer, of suur, soos 'n suurlemoen. Een ding wat jy egter altyd in jou hart moet bewaar; God waak oor jou.



Jy kan dalk somtyds voel dat God ver weg is. Die waarheid is egter, Hy is altyd naby ons en met ons. Hy ken elke tydperk van jou lewe, en Hy is bewus van jou stryd. Dit is belangrik om geloof in God te hê. Wees altyd vol vertroue dat Hy by jou is, selfs wanneer jy Hom nie kan voel nie. 



Die belangrikste rol van 'n koning is om sy koninkryk en mense te beskerm en om te sorg dat hul daaglikse lewe vreedsaam en voldoende is. Daar is geen konings op aarde wat volmaak is en vir ewig sal bestaan nie. Daar is net een Koning wat nie van tyd tot tyd verander nie. Hy is ons GOD. 



Plaas jou geloof en vertroue in die Koning van konings wat vir ewig regeer!



Gebed



Liewe Vader, mag ek altyd my dag begin met kalmte en vol vertroue en met geloof in U. Ek weet dat ek altyd in U alleen my oorwinnings sal vind. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

Hierdie leesplan sal jong lesers daagliks deur die Bybel lei. Nuwe insig sal verkry word deur die bondige en kindervriendelike oordenking. Kinders sal verstaan dat elke deel van die Bybel betekenisvol en van toepassing i...

More

Baie dankie aan Bethany Church (Singapore) wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.bcs.org.sg/kidsdevotion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid