Leesplan inligting

Kersfees vir Kinders: 12 Dae van VredeVoorbeeld

Christmas for Kids: 12 Days of Peace

DAG 6 VAN 12

Skep 'n Pad vir Vrede


VERHAAL
Raai wat? Toe Janice 'n klein dogtertjie was het sy nie boeties of sussies gehad nie. Sy het gebid en gebid en gebid vir 'n boetie — vir agt jaar lank! Uiteindelik het God haar gebede en die gebede van haar ouers beantwoord en het haar ma 'n baba gekry! Hulle was baie bly toe haar baba boetie gebore is! Hy het soveel vreugde en geluk gebring. Hy was 'n wonderwerk. Hulle weet dat God 'n spesiale plan vir hom het en dat hy op die regte tyd gebore is!


SKRIFGEDEELTE
Lees: Lukas 1:5–25 en 67–80


DINK DAAROOR
Glo jy dat God gebede beantwoord? Dink jy daar is iets wat te moeilik is vir God? Dink jy dat geloof God bly maak? Glo jy dat God 'n plan vir elke liewe persoon se lewe het?


God se plan vir Johannes was dat hy God se mense moes voorberei om in Jesus te glo. God het ook 'n plan vir jou lewe! Hy het elkeen van ons geskep en het van ons geweet selfs voor ons geboorte — net soos Hy van Janice se baba boetie geweet het. God se plan vir ons lewens is dat ons Jesus liefhet en vir altyd dien! Wanneer ons ander dien en liefhet, kan ons help om die pad vir mense voor te berei om in Jesus te glo.


DOEN IETS
Dien jou bure deur vandag iets vriendeliks vir hulle te doen. Vra jou ouers vir 'n paar idees!


BID
Liewe Jesus, dankie dat U 'n plan vir my en my hele lewe het. Ek wil hê dat U my in u plan gebruik om die wêreld te red. Amen.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Christmas for Kids: 12 Days of Peace

In hierdie 12-dae leesplan vir kinders sal jy alles kan lees oor die geskenk van vrede wat Jesus vir ons gee en hoe ons elke dag daardie vrede in ons harte kan hê!

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: http://CalvaryFTL.org/Bible-Plans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid