Leesplan inligting

Hoe Om Jou Naaste Lief Te HêVoorbeeld

How to Love Your Neighbors

DAG 1 VAN 4

Wie Is My Naaste?



Jy moet jou naaste liefhê. Of jy nou die Bybel ken of nie, jy het waarskynlik al vantevore hierdie frase gehoor. Hierdie gebod was eerste in Levitikus 19:18 in die Ou Testament opgeskryf en dit verskyn net nadat ons gelees het dat ons nie moet wraak neem of 'n grief teen mense koester nie. 



Wanneer ons oor ons naaste in die letterlike sin nadink, kan dit selfs iemand wees wat langs ons woon. Om werklik te weet wat jou naaste eintlik beteken, sal ons teruggaan na die oorspronklike Hebreeuse teks van Levitikus 19:18. Die woord vir naaste is plesion, en dit beteken vriend of enige ander persoon. Dit kom daarop neer dat ons veronderstel is om vir almal lief te wees!



Die twisgierige familielid

Die vriendelike man by die kruidenierswinkel

Die frustrerende dame onder in die straat

Die oulike kind in 'n ander land

Die persoon wat anders gestem het as jy



Dit is nogal 'n stewige opdrag, is dit nie? Maar, dit is noodsaaklik — tot so 'n mate dat Jesus dit die tweede belangrikste gebod gemaak het!



"'Meneer,' vra hy, 'wat is die grootste gebod in die wet?' Jesus antwoord hom: 'Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel' en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan is: 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself'"  Matteus 22-36-39.

Dit is nogal 'n uitdagende gebod en klink selfs effens onbereikbaar. Dit sou meer realisties voorgekom het as die vers gesê het, "Haai, wees lief vir jou naaste wanneer hulle gaaf is met jou en wanneer alles goed gaan. Maar, as hulle jou ontstel of iets doen wat jou irriteer, dan hoef jy hulle nie lief te hê nie. Jy kan dit maar uitlos." Maar Jesus was baie duidelik: ons moet ons naaste altyd liefhê. 



Hoe moet ons dan nou eintlik ons naaste liefhê? Ons moet God eerste liefhê en dan onsself. Om God eerste lief te hê, beteken dat ons sy liefde vir ons ontvang, omdat Hy ons eerste liefgehad het. God se liefde vir ons is onvoorwaardelik. Dit is moeilik om daardie tipe liefde te verstaan, maar nog moeiliker om dit te bewys. Dit is waarskynlik hoekom ons dikwels tot daardie vlak daal waar ons ander mense net liefhet wanneer dit ons pas. Om onsself lief te hê is nie sommer 'n selfbehepte liefde nie. Om onsself lief te hê beteken dat ons ons eie waarde erken, omdat Jesus dit erken het — genoeg om aan die kruis vir ons te sterf! Wanneer ons leer om onsself lief te hê as gevolg van die waarde wat ons in Jesus se oë het, sal dit ons help om ons naaste lief te hê. 



Wanneer ons ons naaste liefhet, is ons Jesus se hande en voete. Die volgende drie dae van hierdie leesplan gaan ons leer hoe om ons naaste waarlik lief te hê. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How to Love Your Neighbors

In 'n wêreld waarin soveel verdeeldheid en spanning bestaan, sal ons almal beter daaraan toe wees as ons geleer het hoe om ander lief te hê — selfs al is dit ongerieflik of ongemaklik. In hierdie vierdag leesplan gaan on...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid