Leesplan inligting

Bybel vir AlmalVoorbeeld

Bible for All

DAG 2 VAN 3

Wanneer ons ondervind en gesien het dat die Here goed is, is ons geseënd om by Hom te skuil (Psalm 34:9). Om te ondervind en te sien, is om te probeer ervaar. Ons ervaring in ons verhouding met God laat ons sy vrygewige seëninge in ons lewens sien. Deur die Woord van God by ons, langs ons en in ons te hê, herskep dit ons na sy beeld (2 Korintiërs 3:18). Om die voordele en vertroosting te ken wat die Woord van God binne ons bereik plaas, moet die wete dat soveel broers en susters regoor die wêreld nie toegang tot sy lewensherskeppende boodskappe het nie ons ook hartseer maak. Stel jou voor dat jy in die Een glo en Hom as jou Here en Verlosser vertrou, maar so min van jou Meester se karakter, liefde en opoffering vir jou verstaan. Miljoene der miljoene gelowiges word elke dag wakker sonder enige vorm van die Woord van God. Geen toepassing op hul fone met die baie hulpbronne binne mense se bereik nie, wat nog te sê van die Woord van God in hul eie moedertaal.



Wanneer ons die hulpbronne het om te lees, te luister en oor Jesus deur sy Woord te leer, het ons ook 'n verantwoordelikheid om ons belydende broers en susters regoor die wêreld te help om dieselfde vreugde te ervaar wat uit 'n dieper verhouding met God kom.



Gebed is altyd ons grootste wapen in enige situasie, of dit nou vrees, armoede, gevaar of onsekerheid is (Filippense 4:6). Paulus skryf in Efesiërs: “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo (Efesiërs. 1:18 en 19). Deur vurig te bid vir ons broers en susters regoor die wêreld, kan ons help op die gebied van Bybelvertaling en Bybelverspreiding. Wanneer die liggaam van Christus bid, lei dit tot dade en wanneer Christene in gehoorsaamheid aan God se wil optree, sal lewens tot sy eer herskep word.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Bible for All

As ons eerlik met onsself is, kan ons almal tot een of ander mate sê dat die Woord van God 'n positiewe en herskeppende impak op ons lewens gehad het. Ons hoop dat jy oor die volgende drie dae meer kan verstaan wat Bybel...

More

Ons wil graag YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.endbiblepovertynow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid