Leesplan inligting

'n Ouer se Gids tot 'n Nuwe Baba: Lyding en SelfsorgVoorbeeld

A Parent’s Guide to a New Baby:  Suffering and Self-care

DAG 5 VAN 5

'n Nie so 'n "stil" stiltetyd nie


Christene se lewensaar word gevoed deur alleentyd saam met Jesus deur te bring. Hiervan is ek en Craig so oortuig dat ons dit ons lewensdoel gemaak het om Christene te help om daagliks betekenisvolle tyd saam met God deur te bring. 



As menslike wesens kan ons nie uit onsself volkome wees nie, selfs al gee ons dikwels voor dat ons is. Ten spyte daarvan dat ons in 'n doen-dit-alles wêreld leef, bereik ons uiteindelik ons perk en bevind ons onsself in 'n posisie waar ons herhaaldelik na volheid dors. Juis hierom is dit noodsaaklik dat ons daagliks ons dors by Jesus se onuitputbare bron van lewende water moet les. Christus sê in Johannes 4:13–14: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”



Jesus belowe om ons dors te les. Hy beloof ons 'n fontein van lewende water. In die dae wat voorlê, sal jy en jou huweliksmaat in diepte getoets word, maar weet dat Jesus elke tree van die pad daar sal wees om die reddingsboei na julle uit te gooi soos en wanneer nodig. Die vraag is: Sal jy kies om dit te gryp? Of gaan jy kies om voort te beur in jou eie krag? Hierdie is 'n baie werklike keuse wat julle albei moet maak. Alhoewel dit dalk in ander stadiums van jou lewe gevoel het of jy sonder hierdie Bron kan klaarkom, sal dit in die eerste dae na die pasgeborene se koms noodsaaklik wees om die keuse te maak om aan Jesus vas te hou vir wysheid, vriendelikheid, genade, krag en energie.



Die tydperk na jou baba se geboorte sal jou afhanklikheid van God drasties verander en sal jy die wyse waarop jy Hom ontmoet moet heroorweeg. Die wonderlike is egter om te ontdek dat sy genade beskikbaar is om in elke tekort, elke behoefte en elke seerkry te voorsien. Wanneer jy jou baba vir die eerste keer huis toe bring, sal jy God se nabyheid en hulp eerstehands ontdek as jy jou radikale afhanklikheid van Hom erken en aangryp.



Ek het myself vir 'n lang tyd nadat ek kinders gehad het, verkwalik omdat my stiltetyd nie meer soos in my studentejare gelyk het nie. Ek het gevoel dat God teleurgesteld in my is en dat ek nie genoeg moeite doen nie. In werklikheid is die tyd wat ons saam met God deurbring nie bedoel om 'n item te wees wat ons op 'n lysie afmerk in 'n poging om God te behaag nie. Om tyd met God deur te bring, was en is hoofsaaklik om 'n verbintenis met God te beleef. 



Dit is nie presies dieselfde vir almal nie en dis ook nie 'n wedstryd nie. Elkeen se ontmoeting met God is uniek omdat ons almal heeltemal verskillende mense is. Moenie eens probeer om met jou ou self te wedywer nie! Laat staan alle skuldgevoelens, want dit is werklik nie Christus se evangelie nie. Hou vas aan die belofte van God se teenwoordigheid, want sy woord sal jou nooit in die steek laat nie.



Hierdie is 'n uittreksel uit "A Parent’s Guide to a New Baby." Vir daaglikse besprekingsvrae en begeleide gebed, klik hier .


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

A Parent’s Guide to a New Baby:  Suffering and Self-care

Die koms van 'n baba verander alles. Dit is asof hierdie klein lewe die nuwe swaartepunt word, wat die res van jou heelal in sy wentelbaan intrek. Dit is moeilik om jouself voor te berei op iets só onbekend soos die toev...

More

Baie dankie aan "Christian Parenting" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.christianparenting.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid