Leesplan inligting

Die Krag van EenheidVoorbeeld

The Power of Unity

DAG 1 VAN 4

Wat is Eenheid?



Ons het almal al die uitdrukking, verdeel en verower, gehoor. Tydens 'n oorlog, dwing hierdie strategie die vyand om hulle verdediging te versprei en dit laat hulle dan kwesbaar. Die Satan gebruik dieselfde taktiek teen die liggaam van Christus. Hy streef daarna om te verdeel en te verower, want 'n verdeelde kerk is swak. 



Wat beteken eenheid? Ongelukkig dink baie mense eenheid beteken dat almal eenders is, maar dit is nie so nie. Eenheid is nie eenvormigheid nie. Eenheid kan gedefinieer word as enige groep mense wat 'n gedeelde doel of visie het of in dieselfde rigting beweeg. Dit beteken nie om presies dieselfde te wees nie, maar eerder om te streef na dieselfde einddoel. Dink aan 'n rugbyspan. Daar is verskillende posisies op die veld. Elke posisie behels verskillende vaardighede, rolle en verantwoordelikhede. Al die spelers beweeg egter na dieselfde doellyn, want hulle einddoel is dieselfde.



Ons moet besef dat ras nog altyd deel van God se plan was, maar dat God se plan ook 'n manier ingesluit het om eenheid tussen die verskillende rasse te skep. Jesus Christus is die middelpunt van hierdie plan. Deur Christus word groepe wat deur ras verdeel is, in een liggaam versoen: die kerk. Die kerk is die plek waar onderskeid nie meer enige verdeeldheid moet veroorsaak nie, omdat ons in Christus 'n eenheid vorm. Ons gemeenskaplike doel is die bevordering van God se koninkryk deur die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus. Wanneer gelowiges, van elke rassegroep, bymekaarkom en saamwerk in Bybelse eenheid, sal ons nie meer verdeeld en verower wees nie. Ons sal seëvierend wees. 



Hoe kan eenheid en uniekheid saam in die kerk bestaan?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Power of Unity

Baie mense is daarmee tevrede om ander rasse net te verdra in plaas daarvan om as 'n eenheid saam te leef. Ons verdra verskillende rasse en sal dalk selfs rasse-byeenkomste bywoon. Wanneer die byeenkoms egter verby is ga...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid