Leesplan inligting

Wysheid om Reg te LeefVoorbeeld

Wisdom for Right Living

DAG 2 VAN 7

  


Vrees Jy God?


In C. S. Lewis se boek, The Lion, the Witch and the Wardrobe, is daar 'n dramatiese toneel waar die kinders met mnr. en mev. Beaver praat. Mnr. Beaver praat van Aslan en die kinders is gefassineerd. Wanneer Susan uitvind dat Aslan 'n leeu is en nie 'n mens nie, vra sy: "Is hy heeltemal onskadelik? Ek sal redelik senuweeagtig voel om 'n leeu te ontmoet."


"Daar maak jy geen fout nie liefie, jy sal wees," sê mev. Beaver, "as daar enigiemand is wat voor Aslan kan staan sonder dat hul knieë bewe, dan is hulle of dapperder as die meeste mense of net dom."


"Dan is hy nie onskadelik nie?" vra Lucy.


"Onskadelik?" sê mnr. Beaver. "Hoor jy nie wat mev. Beaver jou vertel nie? Wie het enigiets gesê van onskadelik? Natuurlik is hy nie onskadelik nie. Maar hy is goed. Ek sê jou, hy is die Koning."


Wanneer ons aan die vrees vir die Here dink, is daar twee dinge wat ons nie moet doen nie: Eerstens, moet ons dit nie afwater na respek of selfs verwondering nie. Die Skrif gebruik die woord "vrees" sonder verduideliking of verskoning. Dit leer ons om die Here te vrees. Dit sluit natuurlik respek en verwondering in, maar dit is meer as hierdie dinge. Mev. Beaver is reg wanneer sy sê: "As daar enigiemand is wat voor Aslan kan staan sonder dat hul knieë bewe, dan is hul of dapperder as die meeste mense of net dom."


Die tweede ding wat ons nie moet doen wanneer ons aan die vrees vir die Here dink nie, is om Hom nie net te sien as skrikwekkend nie, maar eerder as die mees goedhartige Vader wat sy Seun vir ons na die kruis gestuur het. Vrees vir die Here is net een aspek van ons verhouding met Hom. In teenstelling met baie heidense gode, openbaar die Here God Homself as 'n veelsydige Persoon. Hy is Vader sowel as Heer, Verdediger en Beskermer, Verlosser en Vriend, Herder en Leidsman, Abba en Immanuel, en soveel meer. 


Mnr. Beaver was ook reg in sy reaksie op Lucy se vraag of Aslan onskadelik is: "Onskadelik?" vra mnr. Beaver. "Hoor jy nie wat mev. Beaver jou vertel nie? Wie het enigiets gesê van onskadelik? Natuurlik is hy nie onskadelik nie. Maar hy is goed. Ek sê jou, hy is die Koning." Ons moet God nie beperk nie. Ons moet Hom die vryheid toelaat wat sy karakter vereis. Hy is nie onskadelik nie, maar Hy is goed. 


Ons moet die Here vrees. Met daardie fondament kan ons 'n gesonde lewe bou as ons die pad van wysheid volg. Lewe ons in die vrees vir God? Paulus moedig ons aan: "Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring" (2 Korintiërs 7:1 AFR53).


Gebed: Allerheiligste Here, help my om met 'n gesonde Bybelse vrees vir U te leef. Laat my in verwondering staan oor U heilige majesteit en liefde. Here, laat my bewe in u teenwoordigheid en met my aangesig na die grond buig. U is vreesaanjaend in U heiligheid.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wisdom for Right Living

In ons vinnig veranderende en geweldig uitdagende wêreld, het ons wysheid nodig om te leef. Ons samelewing trek en stoot ons in verskillende rigtings, en in hierdie onrus het ons 'n geesteskompas nodig om ons op die regt...

More

Ons wil graag Kingdom Driven bedank wat hierdie plan voorsien het. Besoek asseblief https://kingdomdrivendaily.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid