Leesplan inligting

Trek 'n Kruis Deur AngsVoorbeeld

Putting an 'X' Through Anxiety

DAG 1 VAN 10

Rig Jou Visier



Angs. Hierdie dreigende reus in 'n diep vallei bedreig, spot, intimideer, maak jou onbevoeg en verlam jou. Hierdie reus is werklik en dit kan dodelik wees.



Angs en sy familielede — paniek, bekommernis, vrees en verskrikking — is ingewikkeld. Daar is geestelike, verstandelike, fisieke, emosionele, genetiese en omstandigheidsfaktore wat ons in die greep van depressie kan laat verval. Dit trek ons van ons geliefdes weg en belemmer ons vermoë om die lewe elke dag te kan hanteer. Om die probleem te onderskat, of om dit net af te maak met 'n skouers-optrek-en-ruk-jou-reg-houding, is 'n fout.



Ek weet dit, want ek het in die verlede al op hierdie gebied nederlae gely. Tog weet ek ook dat daar 'n manier is om angs te oorkom. Ek het eerstehandse kennis dat jy aan die anderkant van depressie en vrees kan uitkom, en lewe om dit aan iemand te vertel — wat kragtiger is as enigiets wat 'n houvas op jou het. Ek bied nie 'n kitsoplossing aan nie, of 'n belofte dat jy die geveg gaan vryspring nie. Ek wil jou egter graag vertel van 'n Kampioen, 'n reuse Oorwinnaar, wat aan jou kant van die geveg is. 



Ek het al ander wat met angs stoei se verhale gehoor en dit klink baie soos myne, maar tog is elke persoon se stryd verskillend en elke ondervinding is uniek. 'n Een-plan-vir-almal-aanslag gaan nie hier van waarde wees nie.



Om die indrukwekkende grootte van hierdie reus te verwerk, verminder op geen manier God se belofte nie — jy kan vry van die ontmoedigende angsgreep lewe.



Dit is noodsaaklik dat jy weet jy is nie alleen in jou omstandighede nie. Die almagtige God is met jou en veg vir jou. Om die waarheid te sê, Hy het reeds elke "Goliat" gepak en oorwin!



Vir die volgende ses dae gaan ons ons visier op Hom instel. Ons gaan dit nie ignoreer dat 'n swaargewig met die naam vrees of bekommernis of paniek met 'n voet op ons nek trap nie. Inteendeel, ons gaan verkies om ons oë op Iemand groter en kragtiger te rig — Iemand wat ons liefhet en beplan om ons na die lig terug te lei. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Putting an 'X' Through Anxiety

Angs mag die vrees wees wat oor jou skouer loer, die bekommernis langs jou, of die vrees wat jou lewe bedreig. Vir baie mense is dit 'n kragtige reus wat jou wil laat glo dat jou lewe nooit weer normaal sal wees nie. Vir...

More

Anxiety may be the fear over your shoulder, the worry by your side, or the dread hanging over your life. For many, it's a powerful giant that would like you to believe that your life will never be normal again. Over the course of seven days, we will set our gaze on someone bigger and more powerful - Jesus, our giant slayer.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid