Leesplan inligting

Hoe om Vrees te BevegVoorbeeld

How to Battle Fear

DAG 1 VAN 4

Toets Dit



Wanneer ons moeilike tye beleef, moet ons onsself afvra waarmee ons ons denke vul. Ons móét ingelig wees, voorbereid en so gereed wees as wat menslik moontlik is. Ons kan dus nie toelaat dat ons met te veel negatiwiteit of inligting oorlaai word wat uiteindelik vrees in ons aanvuur nie. Ons eer God wanneer ons ook ons deel doen, maar ons moet Hom toelaat om die res te hanteer. Daar is niks wat Hom kan verras nie. 



Wanneer dinge buite ons bereik is en ons voel dat ons beheer verloor het, laat ons dikwels toe dat gedagtes van vrees en denkbeeldige omstandighede in ons gedagtes hoogty vier. Voor ons besef, is ons optrede nie meer redelik nie. 



Tog is daar goeie nuus! Ons het 'n gids wat kan help om ons gedagtes in besit te neem. Filippense 4:8 is 'n baie goeie toets of ons aan iets moet dink of nie. Ons word aanbeveel om te dink aan wat waar, edel, reg, rein, mooi, bewonderenswaardig, lofwaardig en prysenswaardig is. Dink na oor elke woord hier onder. 



Waar

Een van die belangrikste oorwegings betreffende ons gedagtes is, "Is dit waar?"  Ons fokus moet gerig wees op dit wat eg en werklik is.



Edel

As God se kinders, is ons in uitgesoekte geledere! Dus moet ons gedagtes koninklik en vorstelik wees. Kom ons laat geen onvriendelike of afstootlike denkwyse toe nie.



Reg

Om die regte gedagtes te dink, beteken ons moet toelaat dat akkuraatheid en gepastheid ons lei. Ons roeping in die Woord van God is om reg te lewe en regdenkend op te tree.



Rein

Om rein van hart en gedagtes te wees is nie so moeilik as wat dit klink nie. Ons moet eenvoudig kies om aan goeie, opregte en eerlike dinge te dink. 



Mooi

Om mooi gedagtes te dink, beteken dat ons die mooie in die lewe raaksien en ons denke daarop rig. Kom ons soek na die goeie.



Bewonderenswaardig

Die meeste mense hou daarvan om bewonder te word. Wil ons egter gedagtes van bewondering dink? As ons denke geloofwaardig is en ons oor onderskeidingsvermoë beskik, kan ons 'n eerbare lewe lei. 



Lofwaardig

Lofwaardig verwys na dit wat absoluut voortreflik is. Wanneer ons gedagtes dus lofwaardig is, is hulle regtig uitstekend, uitsonderlik en fantasties. Lofwaardige denke laat ons dus lofwaardige lewens lei.



Prysenswaardig

Watter gedagtes is prysenswaardig? Gedagtes oor God. Sy weë, sy planne en sy skepping, is 'n paar voorbeelde. 'n Veilige aanname is dus dat dit goed is wanneer ons gedagtes op Hom gerig is. 



As ons dus ons gedagtes teen hierdie riglyne toets, maar ons omstandighede nog steeds somber daaruit sien, wat dan? Dit is waar geloof ter sprake kom. Ons is nie geskape om in die toekoms te kan sien nie — dit doen God. Hy sien en ken die toekoms, omdat Hy alwetend, almagtig en alomteenwoordig is. Raai wat? Hy sien ook vir jou. Hy is by jou en beskerm jou. Selfs wanneer jy dit nie aanvoel nie, kan jy op sy waarheid vertrou en daarop staatmaak dat Hy by jou is. 



Kan ons ons gedagtes 100% wysig? Waarskynlik nie. Tog is 'n mate van verbetering in ons denke beter as niks nie. Ons kan hierdie oorlog in ons denke begin wen deur een gedagte op 'n slag in besit te neem.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How to Battle Fear

Gedurende onseker tye, lei ons gedagtegang ons na vrees. Blykbaar is dit kalmerend wanneer ons voortdurend onsself met vrees-gevulde "wat as" gedagtes besig hou. As Jesus se volgelinge, kan ons hierteen veg. Ons hoef nie...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid