Leesplan inligting

OpgestaanVoorbeeld

Opgestaan

DAG 4 VAN 43

Lees: 1 Korintiërs 15:12-19, 1 Tessalonisense 4:14-16

SOAP: 1 Korintiërs 15:16-17

Die opstanding van Christus het alles verander, insluitende wat met ons gebeur nadat ons sterf. Soos Paulus onwrikbaar in 1 Korintiërs 15:12-19 verduidelik, sal ons met Christus se wederkoms 'n fisiese opstanding van ons liggame ervaar. Hierdie fisiese opstanding van ons liggame is sentraal tot ons geloof, omdat dit ten nouste verband hou met die opstanding van Christus. 

Omdat Christus uit die dood opgewek is, sal ons ook fisiese opwekking ervaar. Christus is nie net geestelik opgewek nie, maar ook fisies. Dieselfde is waar vir ons! Ons liggame sal vernuwe en herstel word, maar sal steeds ons liggame wees. Die opstanding van Christus gaan voor ons uit en berei die weg voor vir ons fisiese opstanding in die ewigheid.

God, dankie dat die opstanding alles verander het, insluitende wat met my gebeur wanneer ek sterf. Ek loof U vir u oppermag en krag wat nie net vir Christus uit die dood uit opgewek het nie, maar al u mense sal opwek met Christus se wederkoms. Amen. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Opgestaan

Hy het opgestaan! Hy het regtig opgestaan! Hierdie studie delf diep in die opstanding van Jesus en ondersoek die maniere waarop die grootste wonderwerk die geskiedenis verander het, die mensdom verander het en ons verand...

More

Ons bedank Lief God God vir die feit dat ons hierdie plan voorsien het. Besoek gerus vir meer inligting: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid