Leesplan inligting

Maak 'n KopskuifVoorbeeld

Get Out Of Your Head

DAG 5 VAN 5

Ons het 'n keuse



Hoe ons dink beïnvloed hoe ons lewe. Dit klink dalk vreesaanjaend, maar dis eintlik opwindend. Ons is dalk nie in staat om elke gedagte in elke oomblik wat ons elke dag beleef, gevange te neem nie, maar ons kan leer om een gedagte gevange te neem en sodoende elke ander gedagte wat daarna volg, te beïnvloed. Wat is die een gedagte wat elke negatiewe denkpatroon suksesvol kan onderbreek? Dis dit: Ek het 'n keuse. 


As die wêreld se geraas ons aandag aftrek, het ons 'n keuse om stil te word en ons gedagtes weer op God te rig. 


As ons alleenheid ons depressief maak, het ons 'n keuse om in gesprek met God te tree en ons gedagtes weer op Hom te rig. 


As angs ons oorweldig, het ons 'n keuse om op God se goedheid en oppermagtige doel te vertrou en so ons gedagtes weer op Hom te rig. 


As ons sinies raak, het ons 'n keuse om ons gedagtes deur aanbidding weer op God te rig. 


As ons opgeblase is deur selftrots, het ons 'n keuse om deur nederigheid ons gedagtes weer op God te rig. 


As ons soos 'n slagoffer voel, het ons 'n keuse om deur dankbaarheid ons gedagtes weer op God te rig. 


As ons selfvoldaan is, het ons 'n keuse om Hom en ander te dien, en so ons gedagtes weer op God te rig. 


As jy jou vertroue in Jesus, jou Verlosser, gestel het, het jy 'n Godgegewe, God-bemagtigde, God-verlossende vermoë om te kies waaroor jy dink. Jy kan kies waarop jy jou energie gaan gebruik. Jy het 'n keuse waarvoor jy wil lewe. Jy is nie onderhewig aan jou gedrag, gene of omstandighede nie. Jy is nie onderhewig aan jou passies, wellus of emosies nie. Jy is nie onderhewig aan jou gedagtes nie. 


Niks is buite God se bereik nie. Ons is 'n "nuwe skepping" en daarom het ons 'n keuse.


Wanneer ons nuut dink, verander ons brein fisiek.


Wanneer ons nuut dink, vorm gesonder neurologiese verbindings.


Wanneer ons nuut dink, skep ons brein nuwe roetes.


Wanneer ons nuut dink, verander alles.


Hemelse Vader, vandag kies ek om elke gedagte gevange te neem, want ek weet dat U sterker is as my gedagtes, my omstandighede en my vrese. Dankie dat U my 'n nuwe skepping maak, sodat ek U kan kies! Amen.


 


 Ons hoop hierdie leesplan het jou bemoedig.  Kom meer te wete oor GET OUT OF YOUR HEAD  deur Jennie Allen. 


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Get Out Of Your Head

Voel jy soos 'n slagoffer van jou malende gedagtes? Is jy dikwels die prooi van toksiese denkpatrone soos angs, depressie of skuldgevoelens? Ons sielevyand is vasberade om ons hulpeloos, oorweldig en onbekwaam te laat vo...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/540868/get-out-of-your-head-by-jennie-allen/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid