Leesplan inligting

Wat beteken dit om Jesus te volg?Voorbeeld

What Does It Mean to Follow Jesus?

DAG 3 VAN 3

Hy wil jou hê



Sonder die genade van Jesus: 'n hopelose einde. Met die genade van Jesus: 'n eindelose hoop — Rick Warren



Indien jy aan die einde van hierdie leesplan gekom het, en jy voel dat jy meer geestelike aktiwiteite moet doen om Jesus te volg, dan moet ons gou herbesin. 



Wat wil God regtig van ons hê? Wil Hy ons geestelike aktiwiteite hê soos om kerk toe te gaan of Bybelstudie te doen? Wil Hy hê ons moet onsself daarvan weerhou om slegte dinge te kyk of te doen? Om goeie dinge te doen en om ons te weerhou van slegte dinge is nie die doel daarvan om Jesus te volg nie. Om Hom lief te hê is. Dis wat Hy wil hê. 



Hy wil jou hê.



God soek ons harte en ons totale toewyding. En raai wat gaan dan gebeur? Ons gaan dan dinge doen soos om kerk toe te gaan en die Bybel te bestudeer, want ons wil Hom beter leer ken. Ons sal heroorweeg wat ons kyk en sê, omdat ons meer soos Hy wil wees. Ons sal gaaf en vrygewig wees, want ons wil doen wat Hy ons geroep het om te doen. Ons geestelike aktiwiteite moet nie eerste kom nie, nog minder moet hulle verpligtend wees. Hulle volg op ons harte se toewyding.



Wanneer ons ja sê vir Jesus en sy vryspraak ontvang, sterf ons aan onsself. Die volgende dag sal ons egter weer moet sterf. En die volgende dag en die volgende een. Die stryd met ons selfsugtige begeertes duur vandat ons wakker word tot die oomblik wanneer ons aan die slaap raak. Om aan jouself te sterf is 'n daaglikse gebeurtenis. Hoe meer ons Christus volg, hoe meer moet ons aan onsself sterf. Hoekom? Want ons het God gesoek en die volgende geleer: sy hoër, beter weë oorskry ons gewone, middelmatige weë.



Dus, wat gebeur as ons verbrou? Is Hy kwaad vir ons? Gaan ons gestraf word? Gaan ons nie meer hemel toe nie? Is daar 'n geestelike knoppie wat gedruk word wat ons terugstuur om van vooraf te begin? 



Kwalik. 



Een ding wat ons moet besef is dat, wanneer ons ten volle aan Jesus oorgee en Hom toelaat om deur ons te lewe, ons volle toegang tot sy genade ontvang. Ons kan nie sy genade uitput nie, aangesien dit veelvoudige sondes dek. Selfs wanneer ons sonde-kwota "baie" is, is ons steeds gedek.



Ons hoop dat dit jou 'n bietjie gerusstel. Om te weet dat ons, as navolgers van Christus, toegang kry tot sy onuitspreeklike krag, sy nimmereindigende liefde, en ja, sy onbeperkte genade. Daar is geen sonde wat ons kan begaan en geen afstand wat nie die volle krag van sy liefde en genade sal kan oorbrug nie. Dis Iemand wat werd is om aan oor te gee en voor te lewe.



En daardie Iemand is Jesus. 



Oordink




  • Lewe jy ten volle aan Jesus oorgegee? Wat is dit wat jou daarvan weerhou? Bring tyd saam met God deur en vra Hom om enige struikelblokke aan jou te openbaar wat jou daarvan weerhou om totaal oorgegee aan Hom te lewe. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What Does It Mean to Follow Jesus?

Indien jy al ooit gewonder het wat dit regtig beteken om Jesus te volg, is jy nie alleen nie. Ons is geneig om dit moeiliker te maak as wat dit is. In hierdie kort leesplan gaan ons leer hoe Jesus ons roep om Hom te volg...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid