Leesplan inligting

Wat Behels Aanbidding?Voorbeeld

Wat Behels Aanbidding?

DAG 1 VAN 7

Wat is aanbidding?

Die woordeboek omskryf aanbidding as volg:

Om eer te betoon aan of ontsag te hê vir 'n goddelike wese of bonatuurlike krag.

Om met groot respek, eer en toewyding te beskou.

In die Christenwêreld beskryf die woord aanbidding dikwels 'n byeenkoms wat ons bywoon of die musikale gedeelte van 'n kerkdiens. Ons gebruik dalk die woord om 'n soort lied te beskryf waarna ons luister of die tipe rol wat iemand in die kerk vervul. Dit is nie noodwendig verkeerd nie, maar dit verteenwoordig nie die hele prentjie nie. Aanbidding gaan nie oor musiek, instrumente of 'n byeenkoms nie. Dit gaan nie oor 'n soort lied of 'n posbeskrywing nie. Dis soveel meer as dit. Aanbidding is 'n ingesteldheid van die hart.

Eenvoudig gestel, is aanbidding die onuitgesproke waarde wat ons aan iets of iemand toeskryf en die merkwaardige liefde vir iets of iemand. Daardie iets kan 'n godheid, 'n antieke voorwerp, 'n materiële besitting of 'n mens wees. Ons is almal aanbidders, ongeag dit wat ons aanbid.

Wat aanbid ons dan?

Op enige gegewe dag rig ons ons bewondering en toewyding na iets of iemand. Dit kan ons beroepe, wederhelftes, stokperdjies of 'n drang wees om te leer. Dit kan selfs ons gunsteling sportspan wees. Daar is dinge wat vir ons baie belangrik is. Ons moet eers bewus gemaak word van die dinge waaraan ons verkeerdelik eer gee of bewonder, voordat ons dit kan uitroei.

As ons meer te wete wil kom oor hoe om 'n lewenswyse van aanbidding te volg, moet ons elke dag begin met 'n gewilligheid om te leer en te groei. Ons aanbid noodwendig dit wat vir ons baie belangrik is. Vra God om jou oë oop te maak vir die dinge waarvoor jy liefde en respek het. Vertel vir Hom dat jy wil weet wat dit beteken om Hom opreg, met jou lewe, te aanbid. Vertrou dat Hy dit aan jou sal openbaar.

Nadenke

  • Lees Psalm 100 en verklaar dit aan jou God.
  • Let vandag op na die dinge wat jy eer en waarvoor jy ontsag het. Wanneer jy agterkom dat iets anders die plek van God in jou hart inneem, bely dit en vra God om jou te help om Hom Sy regmatige plek in jou lewe te gee.
  • Skryf enige openbaring neer wat God deur vandag se Bybellees of oordenking vir jou sê.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Behels Aanbidding?

Ons harte neig na aanbidding. Ons, as volgelinge van Christus, is deur God geskape om Hom te aanbid. Ons neig egter om ons bewondering en getrouheid aan mense en dinge te gee, eerder as aan God. Kom saam met ons op hierd...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid