Leesplan inligting

'n Vrou Van betekenis: Ken Jou Identiteit In God Voorbeeld

A Woman Of Significance: Knowing Your Identity In God

DAG 1 VAN 5

Wie Dink Jy Is Jy?


“Want soos hy ['n persoon] in sy siel bereken, so is hy.”

— Spreuke 23:7 (AFR53)

Eiewaarde word saamgestel deur twee woorde: eie en waarde. Die oomblik wat hierdie twee onskuldige woorde saamgestel word begin die geveg in 'n vrou se siel.



Ons eiewaarde kom nie slegs van een plek of oomblik of omstandigheid af nie. Die fondament van ons eiewaarde word gevestig in ons vormingsjare vanaf baba, tot kind en jong volwassene. Ons gaan onsself altyd minderwaardig ag wanneer ons onsself met ander se fisieke voorkoms, verstand of vaardighede probeer vergelyk.



Vir ons bespreking van verskeie kwessies oor eiewaarde is dit baie belangrik dat jy hierdie een vraag vir jouself beantwoord: “Wie dink jy is jy?” 



Jy moet 'n algehele en gesonde beeld van jouself koester. Indien jy glo dat jy 'n vrou van waarde, betekenis en lot is, is dit hoe jy jou lewe gaan uitleef. Dit is ook hoe jy ander gaan behandel, ongeag hoe hulle jou behandel.



Aan die ander kant, as jy glo dat jy 'n nikswerd is en dat God vergeet het om vir jou enige talente of vaardighede te gee, is dit hoe jy ook gaan optree. Jy gaan toelaat dat ander van jou misbruik maak, en jy gaan toelaat dat jou emosies jou lewe reguleer, eerder as om volgens jou doel en bestemming op te tree.



Jy sal nooit verder kan leef as wat jy dink wie jy is nie. Jy sal nie uit jou eie beperkings breek nie, as jy nie eers besef wie God sê jy is nie. Om te ontdek wie ons as vroue is en wie ons geskep is om te word, moet ons teruggaan na die begin. Ons moet die bedoelings en die kreatiwiteit van ons Maker ondersoek. Ons moet luister na God se opinie oor die vroulike geslag voordat ons gekrenk word deur ander mense se onregverdige verwagtinge, met belaglike rolmodelle vergelyk word, en deur kwetsende verwerping gewond word. Ons moet ontdek wat sy beoordeling van ons was op die presiese oomblik in die geskiedenis toe Hy die heel eerste vrou geskep het. Lees verder, my vriendin, lees verder!


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

A Woman Of Significance: Knowing Your Identity In God

Ons fisieke kenmerke en ons vaardighede is nie die wese van wie ons is nie en moet nooit die finale stem wees wat ons definieer nie. Ons moet ontdek wat God sê ons waarde en ware potensiaal is. As 'n vrou van betekenis w...

More

Ons wil graag vir Whitaker House bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid