Leesplan inligting

Veranderde Lewe: VergifnisVoorbeeld

Living Changed: Forgiveness

DAG 5 VAN 6

Grense



Met God se vernuwende krag binne ons, kan ons leer om mense weer te vertrou en kwesbaar te wees nadat ons seergemaak is. Dit beteken nie altyd dat dinge moet terugkeer na hoe dit vroeër was nie. Om grense te stel, is nodig en gesond in hierdie gebroke wêreld.



Wanneer ons iemand vergewe, beteken dit nie ons moet toekomstige slegte gedrag aanvaar of onsself weer gewilliglik blootstel aan gevaar nie. Trouens, as ons nie grense daarstel nie, dan is dit asof ons sê ons glo nie dat ons verdien om beter hanteer te word nie. Deur gesonde grense te stel, verklaar ons dat ons respek en liefde waardig is. 



Daar is wel 'n verskil tussen grense en mure. Grense gee ander reëls vir interaksie met ons, terwyl mure almal op 'n afstand hou. As volgelinge van Christus is dit belangrik om die regte balans te handhaaf tussen jouself te laat geld en kwesbaar te wees.



Grense is nodig om dit wat vir ons heilig is, te beskerm. As ons nie hou van die tipe persoon wat ons word wanneer ons saam met sommige mense is nie, dan moet ons die tyd wat ons saam met hulle deurbring, beperk. As iemand ons minderwaardig laat voel, moet ons standpunt vir onsself inneem en grense stel. Ons is veronderstel om ons vyande lief te hê, maar dit beteken nie ons hoef om dieselfde tafel as hulle te sit nie. 



Gesonde grense beteken om veranderinge te maak as daar mense is wat onveilig of onwys is om mee saam te wees. Ons plaas onsself soms in skadelike en gevaarlike situasies, want ons wil so graag hê ander moet vir Jesus leer ken. Ons moet tog verstaan, God mag kies om ons te gebruik, maar Hy het ons nie nodig om hulle te red nie. Hy werk alreeds om hulle harte te wen en Hy gaan nie ophou nie. As dit nie wys is om saam met iemand te wees nie, kan ons hulle van 'n afstand liefhê deur vir hulle te bid.



Soms is die nodige grense nie ekstern nie, maar intern. Ons sê slegte dinge oor onsself wat ons nooit oor ander sal sê nie. Selfs aanmerkings soos:“Ek is so dom” of “Ek lyk vandag aaklig” kan ons selfvertroue mettertyd affekteer. Wanneer ons in die versoeking kom om sleg oor onsself te dink of praat, moet ons eerder Bybelse waarhede oor ons lewens spreek. Onthou dat God ons as sy meesterstuk sien, bestry dus elke leuen met waarheid.



Dink na oor die seer waaraan jy moet werk om te vergewe en oorweeg watter grense jy moet stel om jouself te beskerm. Of dit is om minder tyd saam met iemand deur te bring, of hulle te vra om nie so kras met jou te praat nie, of om die woorde te verander wat jy oor jouself spreek, vra vir God om jou te help om, deur jou grense, 'n gesonde balans te bereik.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Forgiveness

Baie van ons loop nog rond met wonde van wat mense in die verlede gesê of gedoen het. Ons sukkel gedurig onder die gewig van daardie las, want ons is ongewillig of onseker hoe om te vergewe. Hierdie leesplan gaan nie daa...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid