Leesplan inligting
31 Dae Huwelik HerstelVoorbeeld
Om gelukkig getroud te wees, verg dat jy keer op keer van trots, onsekerheid, ongeduld, die verlede, woede, bitterheid, sonde en wrokke moet skei, maar nooit van jou huweliksmaat nie.
•••
Ouens, die Satan word die groot bedrieër genoem, nie omdat hy enigsins goed is nie, maar juis omdat hy al lank in die spel is. Hy weet wanneer om op te gee en wanneer om in die spel te bly. Hy is soos 'n leeu wat rondloop, loer en wag op 'n kwesbare oomblik om jou huwelik te verslind. Dit is so belangrik om te weet dat jou huwelik op die Satan se lys van afrekening is. Jou huwelik het 'n teiken op. Hy haat jou. Hy haat jou huwelik. Hy haat God se plan met jou huwelik. Daarom is dit so belangrik om doelbewus op die Woord van God staat te maak! Ons as die leër van God, moet altyd waaksaam wees. Ons moet altyd vir die geveg gereed wees. Ons moet die Naam van Jesus aanroep! Ons moet ons huwelike in sy hande lê! Alhoewel ons vyand ons voorlê, kan hy nie by ons God kers vashou nie. Dit is egter ons keuse om aan God vas te hou deur die vallei, of om te swig voor die Satan se vals pretrit na die bergspits wat tot spyt en hartseer lei. Kies vir Jesus!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy 'n hupstoot in jou huwelik nodig? Raak verdiep in die Skrif en mekaar vir 31 opeenvolgende dae en kyk hoe Jesus verskyn!