Leesplan inligting

Gee vir God die Eerste PlekVoorbeeld

Gee vir God die Eerste Plek

DAG 3 VAN 5

“God Wil Graag die Eerste Plek in Jou Hart Hê”


In vandag se samelewing baseer baie mense hulle waarde op rykdom, hoe hoog hulle op die “korporatiewe leer” geklim het, hoe suksesvol hulle besigheid is, of selfs wie hulle ken.


Maar as ons siening van waarde op hierdie dinge gebaseer is, sal ons nét goed voel oor onsself as ons suksesvol is in hierdie areas. Wanneer ons rykdom en sukses egter afneem, sal ons self-waarde óók afneem, omdat ons nie ‘n vaste fondament het nie. Jesus beskryf dit soos volg:


“Maar as iemand luister en nie doen wat Ek sê nie, is hy soos 'n man wat sy huis bo-op die grond gebou het sonder 'n fondament. Toe die vloedwater dit tref, het dit dadelik ingestort, en daardie huis het een groot puinhoop geword.” Lukas 6:49


Ons identiteit is net so solied soos die fondament waarop ons dit plaas. Deur ons identiteit op die rots-vaste fondament van Jesus Christus te vestig, sal ons vervulling in die lewe nie afhanklik wees van die veranderende toestande van tydelike dinge nie.


As Christus ons fondament is, is ons stabiliteit soos volg:


“Hy is soos 'n man wat by die bou van sy huis die grond diep uitgegrawe en die fondament op die rotsbodem gelê het. Toe daar 'n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit hom nie beweeg nie, want die huis was goed gebou.” Lukas 6:48


Dink vir ‘n oomblik aan die baie moontlike keuses wat jy in die lewe het waarop jy jou fondament van waarde kan bou. Dit mag dalk rykdom wees, ‘n loopbaan, of hoe jy lyk, jou familie, jou gewildheid, jou mag, of wie jy ken. Is daar dalk ook nog ander opsies waaraan jy kan dink? Van alles waarop jy jou identiteit kan bou, is dit nét Jesus wat ons kan verseker van ‘n Christelike lewe van oorwinning.


Maar as jy die ander opsies ondersoek, is nie een van hulle sleg of inherent boos nie. In werklikheid is hulle in baie opsigte baie belangrike areas van verantwoordelikheid wat God vir ons in ons lewens gegee het. Maar in Mattheus help Jesus ons om die balans te vind:


“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?” Mattheus 6:25-26


Wanneer ons hierdie waarheid in ons eie lewens opneem, vind ons vrede en vervulling, vry van bekommernis en angs. Hierdie balans word bereik wanneer ons Jesus eerste stel in al die areas van ons lewens.


“Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” Mattheus 6:33


Ons het almal drome, doele en begeertes omdat God ons so geskape het. Maar as jy Jesus eerste plaas, sal dit jou daartoe lei om jou prioriteite en motiewe waarom jy die dinge wat jy begeer wil doen of hê, te ondersoek. As Hy eerste is in jou drome en begeertes, sal jou toekoms gevul wees met vreugde en grootheid!


As God jou aandag fokus op ‘n motief wat bevraagteken kan word, is dit van die grootste belang dat jy gewillig sal wees om veranderings aan te bring. Verandering kan moeilik wees met tye, maar God het altyd die beste vir ons in gedagte, en wil hê dat ons geestelike sal groei.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Gee vir God die Eerste Plek

Om vir God die eerste plek in ons lewens te gee, is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie…dit is ‘n lewenslange proses vir elke Christen. Of jy nou nuut is in die geloof, en of jy nou alreeds ‘n “veteraan” volgeling van Chris...

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid