Leesplan inligting

Wat Behels Aanbidding?Voorbeeld

What Does It Mean To Worship?

DAG 1 VAN 7

Wat is aanbidding?



Die woordeboek omskryf aanbidding as volg: 



Om eer te betoon aan of ontsag te hê vir 'n goddelike wese of bonatuurlike krag.
Om met groot respek, eer en toewyding te beskou.



In die Christenwêreld beskryf die woord aanbidding dikwels 'n byeenkoms wat ons bywoon of die musikale gedeelte van 'n kerkdiens. Ons gebruik dalk die woord om die soort lied te beskryf waarna ons luister of die tipe rol wat iemand in die kerk vervul. Dit is nie noodwendig verkeerd nie, maar dit verteenwoordig nie die hele prentjie nie. Aanbidding gaan nie oor musiek, instrumente of 'n byeenkoms nie. Dit gaan nie oor 'n soort lied of 'n posbeskrywing nie. Dis soveel meer. Aanbidding is 'n ingesteldheid van die hart. 



Eenvoudig gestel, is aanbidding die onuitspreeklike waarde wat ons aan iets of iemand toeskryf en ons groot liefde vir iets of iemand. Daardie iets kan 'n godheid, 'n antieke juweel, 'n materiële besitting of 'n mens wees. Ons is almal aanbidders, ongeag wat ons aanbid. 



Wat aanbid ons egter? 



Op enige gegewe dag rig ons ons bewondering en toewyding na iets of iemand. Dit kan ons beroepe, huweliksmaats, stokperdjies of 'n drang wees om te leer. Dit kan selfs ons gunsteling sportspan wees. Daar is dinge wat vir ons baie belangrik is. Voordat ons enigiets wat onbehoorlike eer en toewyding geniet, kan uitroei, moet ons eers bewus wees van wat dit is. 



Terwyl ons die reis begin om meer te leer hoe om 'n lewenstyl van aanbidding te lei, moet ons elke dag begin met 'n gewilligheid om te leer en te groei. Ons aanbid noodwendig dit wat vir ons baie belangrik is. Vra God om jou oë oop te maak vir die dinge waarvoor jy liefde en respek het. Vertel Hom dat jy wil begryp wat dit beteken om Hom opreg, met jou lewe, te aanbid. Vertrou dat Hy dit aan jou sal openbaar. 



Oordink




  • Lees Psalms 100 en verklaar dit aan God as dit jou voorneme is. 

  • Soos jou dag ontvou, let op die dinge "wat jy eer en waarvoor ontsag" het. Wanneer jy agterkom dat iets anders die plek van God in jou hart inneem, bely dit en vra God om jou te help om Hom sy regmatige plek in jou lewe te gee.

  • Skryf enige openbaringe neer waarmee God tot jou spreek deur vandag se Bybellesing of oordenking.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What Does It Mean To Worship?

Ons harte neig tot aanbidding. As volgelinge van Christus is ons deur God geskape om Hom te aanbid. Ons is egter geneig om ons bewondering en trou aan mense en dinge te gee, eerder as aan God. Kom saam met ons op hierdie...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid