Leesplan inligting

Ses Stappe Tot Suksesvolle LeierskapVoorbeeld

Six Steps To Your Best Leadership

DAG 3 VAN 7

'n Persoon om te Bemagtig


Een van die eerste dinge wat Jesus gedurende sy drie jaar van openbare diens op aarde gedoen het, was om mense te soek om te bemagtig. Hy het 12 gekry, maar jy is nie Jesus nie, begin dalk maar net met een.



Indien jy nie ander bemagtig nie, belowe ek jou, sal jy soos 'n deksel wees op die werk wat jy doen. Jou werk is nie suksesvol as gevolg van wat jy doen nie, jou werk word suksesvol deur wie jy bemagtig.



Indien Jesus, die Seun van God, op mense staatgemaak het om dinge gedoen te kry, is dit onwaarskynlik dat ons enigiets groots alleen kan bou. Bou mense en saam sal julle groot dinge bou. 



Gister het ons gesels oor die moed om op te hou met iets. Jy mag dalk selfs moet ophou met belangrike take wat jy geniet. Indien jy 'n verslag, 'n taak, of 'n komende projek het, oorweeg dan om dit te delegeer. As iemand iets 50% so goed soos jy kan doen en die potensiaal het om te ontwikkel, delegeer die taak en kyk hoe hulle groei. 



Jesus se eerste groot skuif was om mense te kry vir wie Hy kon bemagtig en sy laaste aksie op hierdie aarde was om van sy belangrikste werk aan al sy volgelinge te delegeer. Ons noem dit gewoonlik Die Groot Opdrag, en as ek reg onthou, werk dit.



Wat kan jy oorhandig? Aan wie kan jy dit gee? Hoe sal jy hulle ontwikkel en oplei?


Wanneer jy die regte mense bemagtig, voel hulle gewaardeerd, hulle leierskap groei, en jy kan op iets anders fokus, en wat jy ook al lei, sal sterker word. 



Jy kan beheer oor jou werk hê, of jy kan groei hê, maar jy kan nie albei hê nie. Wie sal jy bemagtig?



Gesels met God: Dankie God, dat U my vertrou om sommige van U mense te lei. Wie moet ek bemagtig? Vir watter take moet ek hulle bemagtig?


Luister na episode 16 en 17 van my potgooie vir meer inligting.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Six Steps To Your Best Leadership

Is jy gereed om as leier te groei? Craig Groeschel verduidelik ses Bybelse stappe wat enigeen kan neem om 'n beter leier te word. Ontdek 'n dissipline om mee te begin, die moed om op te hou wanneer nodig, om iemand te be...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus https://www.craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid