Leesplan inligting

Wat Jesus Nooit Gesê Het NieVoorbeeld

Things Jesus Never Said

DAG 2 VAN 6

Volg My, en jy sal sorgvry wees.



‘n Agtjarige seun wat normaalweg lawaaierige is, kom in trane by die huis aan na skool en marsjeer reguit na sy bed. In plaas daarvan om sy tekkies soos gebruiklik in die loop uit te trek, is daar iets vreeslik wat hom pla. Hy was weer in die moeilikheid omdat hy in die klas gepraat het. Hy huil hartstogtelik asof hy die gesin se hond laat wegraak het en sy kanse om ooit weer roomys te eet verbrou het; en in 'n toekomstige lewe as 'n monnik net gaan werk en soms stil in ‘n te klein lessenaar sit en dut.



Alle grappies op 'n stokkie, dit was regtig erg. Sy hart was gebroke.



Nadat sy pa hom oorreed het om sy kussing te los en dieper in die probleem gedelf het, het die seun deur trane aan sy pa gesê: “Ek dink nie ek was reg om gedoop te word nie. Ek het gedink as ek Jesus volg, sal ek nie so baie verkeerde dinge doen nie." 



"Ek het gedink as ek Jesus volg sal ek nie: sukkel met verslawing, eendag skei, my humeur verloor, finansieel sukkel, 'n geliefde te vroeg verloor, twyfel moet hanteer, sien hoe my kinders hulle geloof verlaat, versoekings ervaar, bevordering misloop, weer 'n keer nie bevorder word nie, beskinder word, gewildheid verloor, of baie foute maak nie.” Met watter gedagtes het jy al geworstel? 



Die verhaaltjie is nie ‘n oulike verbeeldingsvlug nie. Die seun is so werklik soos jy. Hy was gebroke oor dieselfde rede as enige iemand anders wat seerkry. Hy het misverstaan wie Jesus is en wat Jesus sê. Jesus het nooit gesê: “Volg My en jy sal sorgvry wees nie.” Hy het wel gesê: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak" (Matteus 4:19); "Moenie ontsteld wees nie" (Johannes 14:1); "Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin" (Johannes 16:33); "Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind” (Matteus 10:39).



Die pa het sy seun in die oë gekyk en gesê: “Om Jesus te volg beteken nie dat jy nooit in die moeilikheid sal kom nie – dit beteken jy is reeds vergewe. Dit beteken Hy is nou by jou, en ook volgende keer as jy hulp nodig het om die regte ding te doen. Dit beteken Hy is lief vir jou al doen jy erger dinge as om in die klas te gesels.”



Jesus het ons nie in ‘n soort sorgvrye en maklike lewe genooi nie. Hy nooi ons om alles te gee, dan sal ons meer ontvang as wat ons verdien.



Gebed: Jesus wys my waar ek U misverstaan. Vergewe my wanneer ek probeer om gemak na te strewe in plaas van u teenwoordigheid, en om my eie volmaaktheid te probeer verseker in plaas daarvan om u genade te aanvaar. Dankie dat U my nie net vergewe nie, maar vandag by my is. Amen. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Things Jesus Never Said

As Jesus akkoord gegaan het met al die aansprake wat sy volgelinge aan Hom gekoppel het, dan sou Hy baie verward gewees het, want Hy sou gedurig in stryd met Homself wees en terselfdertyd besig wees om al die stellings v...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die beskikbaarstelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid