Leesplan inligting

VerhoudingsdoelwitteVoorbeeld

Relationship Goals

DAG 6 VAN 7

Enkelopend en Gefokus


Van Madison, enkelopend en florerend


Gedurende April 2018 het ek doelbewus besluit om vir die res van die jaar enkelopend te wees. As iemand wat graag eendag wil trou, het hierdie idee my nogal bang gemaak. Wat sal gebeur as ek die perfekte ou ontmoet, maar nie 'n verhouding kan oorweeg as gevolg van hierdie besluit nie? Ek het met hierdie gedagtes geworstel, maar nadat ek tyd in gebed deurgebring het, het ek geweet dit was die regte ding vir my om te doen. 


Gedurende die volgende paar maande het God my 'n aantal dinge geleer wat volgens my waar is vir almal, ongeag jou verhoudingstatus.


1: Ek moes afleidings uitskakel. 


Die skrywer van Hebreërs het gesê dat ons op Christus gefokus moet bly, en ek het redelik gou besef dat my begeerte om iemand te vind, my aandag van Jesus afgelei het. Om enkelopend te bly het my toegelaat om my lewe opnuut te fokus op dit wat saak maak. Jou afleidings mag anders wees, en heel waarskynlik ook jou oplossing. Maar wat kan jy, binne en buite jou verhoudings doen, om dit makliker te maak om op Jesus te fokus?


2: Ek was verplig om na God te gaan vir bevrediging.


God het in elkeen van ons die behoefte aan gemeenskap en een of ander vorm van kameraadskap geplaas. Maar soms wil ons eerder afsien van God se tydsberekening en vorentoe storm om die dinge te vind wat ons nou wil hê. Wanneer ons dit doen, word ons ongelukkig heel dikwels nie bevredig nie. Dit maak nie saak wat jy soek nie, God wil hê jy moet Hom vertrou om al jou behoeftes te bevredig. Verder dink ek my getroude vriende sal jou vertel dat dit nie werk om jou diepste behoeftes in jou eggenoot te probeer bevredig nie. 


3: Ek moes God vra om my sy begeertes te gee.


Psalm 37:4 sê: "Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer." Voor hierdie seisoen het ek 'n idee gehad van wat ek in 'n eggenoot soek, maar my prentjie was nie duidelik nie. Dus het ek gebid dat God my hart met sy begeertes sou vul. Met verloop van tyd het God my perspektief verander oor dit waarvoor ek gewag het. As jy dit nie alreeds gedoen het nie, praat dan gereeld met God, soek Hom deur die Bybel te lees en vra Hom wat Hy vir jou lewe wil hê.


In watter stadium van jou lewe jy ook al is, wat ook al jou verhoudingstatus is, dit is 'n geskenk. God kan hierdie plek gebruik om jou te help om meer soos Christus te word. 


Dink hieroor: Is daar enige diep begeertes wat jy in 'n persoon probeer bevredig eerder as in jou verhouding met God?  


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Goals

Daardie perfekte verhouding wat jy so een beeld op ‘n slag bewonder, mag dalk glad nie so benydenswaardig wees in die regte lewe nie. Is dit nie so nie? Watter tipe verhoudingsdoelwitte werk dan regtig? Hierdie Life.Chur...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid