Leesplan inligting

Koester jou hartsmenseVoorbeeld

Koester jou hartsmense

DAG 1 VAN 5

“Gesin”




Met al die eise wat ’n moderne leefwyse aan mense stel, is dit byna vanselfsprekend dat hulle minder tyd as ooit tevore het om aan hul gesinne te bestee. En die gemeensaamheid en geborgenheid wat ’n mens in die midde van jou eie gesin ondervind, is juis een van die dinge wat geluk in die hand werk. ’n Ma is net so gelukkig soos die ongelukkigste lid van haar gesin, lui ’n spreekwoord.




Een van my vriendinne sê graag dat die gesin ’n kweekhuis vir die lewe is. Onthou dat jóú gesin ’n geskenk van God is.




Sorg dat elkeen van jou gesinslede die Here ken en liefhet. Maak tyd om dinge saam met jou gesin te doen. Hou af en toe ’n familiebyeenkoms waarheen jy jou naaste familie uitnooi. Koester jou gesin sowel as die res van jou familie; doen jou bes om die bande tussen julle stewig te hou, al woon julle nie meer saam onder een dak nie. Bid gereeld vir elke gesinslid en sorg dat hulle weet dat jy hulle liefhet en vir hulle omgee. Dan sal nie net jy geluk ondervind in goeie gesinsverhoudings nie, maar elkeen van hulle ook.




Hierdie oordenking is geneem uit HOOP VIR ELKE DAG deur Nina Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek www.cumbooks.co.za  vir meer inligting.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Koester jou hartsmense

Met al die eise wat ’n moderne leefwyse aan mense stel, is dit byna vanselfsprekend dat hulle minder tyd as ooit tevore het om aan hul gesinne en vriende te bestee. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van stukkies deur...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Nina Smit bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid