Leesplan inligting

Spreekwoordelike Meisie: Wysheid, Waardes en om Fabelagtig te weesVoorbeeld

Proverbial Girl: Wisdom, Values, and Being Fabulous

DAG 4 VAN 7

WAT SÊ JY?



Sy sal te alle tye 'n 5-ster vriendin wees.



UITEENSETTING: Stel jou voor dat jy 'n aand in 'n spoggerige hotel bespreek. Jy is so opgewonde. Terwyl die klerk by ontvangs jou inteken, neem jy al die prag om jou in. Jy kan nie wag om in jou kamer te kom nie, maar met jou aankoms, word jy met chaos begroet. Dit lyk of die kamer nie skoongemaak is nie, die badkamervloer is taai en die stort lyk of dit deur al die ander hotelgaste gebruik is. Jy is verward omdat die hotel 'n 5-ster-gradering het, maar wat jy ervaar is 'n 2-ster-ramp!



Ons word dikwels vriende op dieselfde manier wanneer ons "inteken" by wat ons glo die perfekte vriendskap sal wees, en dit uiteindelik in 'n totale nagmerrie eindig. Sy het vir jou leuens vertel. Sy het jou verraai. Sy het jou in die steek gelaat. Kom ons erken nou, nie een van ons is altyd die perfekte vriendin nie, en die enigste vriendskap waarvan jy die kwaliteit kan waarborg, is jou eie.



Johannes 15:15 sê vir ons dat Jesus ons sy vriend noem. Stel jou dit voor! So dikwels is ons onbetroubaar, onvoorspelbaar en soms oneerlik met Hom, tog noem Hy ons nog steeds sy vriend. Hy noem ons vriende vanweë sy lojaliteit aan ons, nie noodwendig ons s'n aan Hom nie. Hy is lief vir ons en liefde maak toegewings vir ander mense se tekortkominge.



“Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank." Dit is interessant hoe Spreuke verwys na haar lojaliteit, nie syne nie. Dit lyk 'n bietjie onregverdig, nè? Om 'n 5-ster vriendin te wees, berus nie op die uiterlike van die persoon nie, maar dit wat jy innerlik is. 'n Spreekwoordelike meisie is 'n goeie vriendin wat haar vriende se sterk- en swakpunte ken. Wanneer sy merk dat haar vriendin uitdagings het om eerlik, lojaal of betroubaar te wees, is sy in staat om perke te stel op grond van wat haar vriendin kan hanteer omdat sy 'n 5-ster vriendin is.



VADER, DIS EK!

Dit is nie maklik om 'n goeie vriendin vir iemand te wees wat nie 'n goeie vriend vir jou is nie. Help my om gesonde grense in verhoudinge te stel. Leer my waar om meer te gee en wanneer om terug te tree. Herinner my om vir my vriende te bid en om hulle onvoorwaardelik lief te hê soos U my liefhet. In die Naam van Jesus. Amen.



LEEF DIT UIT:

Identifiseer 'n vriendin wat 'n bietjie onafgerond is. Vra haar hoe jy vir haar kan bid, en doen dit met toewyding.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Proverbial Girl: Wisdom, Values, and Being Fabulous

Die Spreekwoordelike Meisie is gevul met snaakse, inspirerende en uitdagende verhale wat bestem is om jong dames te leer hoe om NOU soos 'n spreekwoordelike meisie te wandel! Dit word gedoen deur gebruik te maak van die ...

More

Ons wil graag After The Music Stops, LLC vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://store.afterthemusicstops.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid