Leesplan inligting

Nader Aan God, Nader Aan Mekaar Deur Ewald & Beatrix van RensburgVoorbeeld

Nader Aan God, Nader Aan Mekaar Deur Ewald & Beatrix van Rensburg

DAG 1 VAN 5

’n Miergeloof


Beste en slegste


Gee elkeen ’n kans om oor die beste en slegste oomblik van elkeen se dag te gesels.


Waar het jy Jesus vandag ontmoet?


Gesels met mekaar oor waar elkeen vandag vir Jesus ontmoet het, of oor iets of iemand wat jou aan Hom laat dink het.


Gaan soek ’n plek waar miere aan die werk is en hou hulle dop. 


• Watter spreuk sou julle oor hulle kon skryf?


• Lees Nehemia 1:4–11; 4:6. Wat leer ons in dié verse oor geloof?


Gedagte vir die dag


In die Bybel is daar heelwat gelowiges wat ’n miergeloof vertoon, maar die een wat uitstaan is verseker Nehemia. Hy het soos ’n mier verwoed gewerk om sy doel te bereik, naamlik, om die mure van Jerusalem te herbou! Kyk maar na die miere – hulle werk met ’n doel, ja, hul hart is in hul werk. 


Nehemia se hart was in sy werk oor sy geloofsoortuigings. Hy het in sy werk geglo – hy het geglo dat wat hy doen die regte ding is. Daarom het hy sy moue opgerol en sy hart in die werk gesit. Hy het in homself geglo, met ander woorde, hy het ’n gesonde selfbeeld gehad en daarom kon hy met soveel selfvertroue optree. Hy het in sy mense geglo. Hy het hulle opreg liefgehad en geglo dat hierdie klein Joodse gemeenskap vir die wêreld iets kon leer deur hul manier van lewe. Hy het in God geglo. Hy het orals met God gepraat – lees gerus sy gebed in Nehemia 1:4–11. 


Doen saam


Probeer as gesin saam na die klassieke animasiefliek Antz kyk. Vertel daarna vir mekaar wat julle aangespreek het en wat elkeen hieruit geleer het.


Gebed


Besluit om Jesus met ’n miergeloof te volg. Verbind jouself deur God te vra om elkee familie lid ’n hart te gee wat suiwer, nederig, liefdevol, gelowige en ywerig is.


Leef jou geloof


Skryf iets moois op iemand se Facebook-muur. 


Net vir ouers


Laat die volgende van jou as ouer waar wees: “Gesels met hulle op ’n aangename manier wat vir hulle iets kan beteken” (Kol. 4:6, Die Lewende Bybel).

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Nader Aan God, Nader Aan Mekaar Deur Ewald & Beatrix van Rensburg

Hierdie leesplan is ideaal vir die hele gesin en sal lesers herinner aan die belangrikheid om die Here in alles wat hulle doen, in te sluit. Elke dagstuk sluit in die geleentheid om oor die dag te kan praat, ’n gedagte v...

More

Baie dankie aan Struik Christian Media en Ewald en Beatrix van Rensburg dat hulle hierdie plan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting oor die boek “Nader aan God, nader aan mekaar”, besoek: https://www.cumbooks.co.za/nader-aan-god-nader-aan-mekaar-flex-cover

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid