Leesplan inligting

Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 7 VAN 365

Geduld en deursettingsvermoë



Niks groots is al ooit sonder deursettingsvermoë en geduld bereik nie, want om sukses te behaal moet jy werk maak van jou drome.



Die mense wat suksesvol is in die lewe is dié wat gewillig is om te doen wat hulle nie lus voel om te doen nie. Hulle word nie oorheers deur hulle emosies nie, maar deur die Meester, en hulle doelwitte en planne is in God se wil gevestig.



Eliëser is 'n goeie voorbeeld van geduld en deursettingsvermoë. Ons sien sy geduld in die volledige plan wat hy uitgewerk het om die regte vrou te kies. Hy het nie 'n vlugtige besluit geneem nie. Hy was nie impulsief nie. Die Bybel sê in Genesis 24:21: "Die man het haar in stilte aangekyk om vas te stel of die Here hom in sy onderneming laat slaag het of nie."



As jy werklik jou doelwitte in die lewe gaan bereik, gaan jy soms bevrediging moet uitstel. Jy sal die moeilike ding moet doen in plaas van die maklike ding, die regte ding in plaas van die lekker ding.



Enige doelwit wat die moeite werd is om te bereik het struikelblokke. Jy moet 'n langtermyn uitkyk hê, sodat jy ten spyte van struikelblokke kan uithou en aanhou.



God het die perfekte tydsberekening, ons nie. Wanneer jy jouself in God se wagkamer bevind, wees geduldig en volhardend. 'n Godgegewe visie sal altyd vervul word.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade ...

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid