Leesplan inligting

Paul Tripp se Daaglikse DankseggingsoordenkingVoorbeeld

Paul Tripp's Daily Thanksgiving Devotional

DAG 1 VAN 12

Sonde doen twee baie spesifieke dinge aan ons almal. Eerstens veroorsaak dit dat ons selfgesentreerd raak in ons eie wêreld en dink dat alles in die lewe oor ons gaan. In hierdie selfgesentreerdheid, word ons te veel gemotiveer deur ons behoeftes, ons gevoelens, en omdat ons daarop fokus, is ons meer geneig om bewus te wees van die dinge wat ons nie het nie, as om bewus te wees van die talryke wonderlike seëninge wat wel aan ons gegee is. Maar daar is meer; omdat ons selfgesentreerd is, is ons ook geneig om telling te hou, altyd besig om ons hope goed te vergelyk met die hope goed van ander. Dit is 'n lewe van ontevredenheid en afguns. Afguns is altyd selfsugtig.


Daar is 'n tweede belangrike ding wat sonde aan ons doen. Dit veroorsaak dat ons horisontaal kyk na dinge wat eintlik net vertikaal gevind kan word. Daarom kyk ons na die skepping vir lewe, hoop, vrede, rus, tevredenheid, identiteit, betekenis en doel, innerlike vrede en motivering om aan te gaan. Die probleem is dat niks in die skepping vir jou hierdie dinge kan gee nie. Die skepping was nooit ontwerp om jou hart se behoeftes te bevredig nie. Die skepping was gemaak om een groot vinger te wys na die Een wat alleen die vermoë het om jou hart se behoeftes te bevredig. Baie mense sal vandag opstaan en op 'n sekere manier die skepping vra om hulle verlosser te wees, m.a.w. om hul iets te gee wat slegs God in staat is om te gee.


"Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd." (Ps. 73:25-26). Hierdie is die woorde van 'n man wat die geheim ontdek het van tevredenheid. Wanneer jy tevrede is met die Gewer, omdat jy die lewe waarna jy gesoek het in Hom gevind het, is jy vry gemaak van die naarstigtelike soektog na bevrediging, wat so baie mense se mismoedige bestaan is. Ja, dit is waar dat jou hart slegs sal rus wanneer dit sy rus in Hom gevind het.


Hierdie is een van die mooiste vrugte van genade - 'n hart wat tevrede is, wat eerder aanbid as om te vra en wat meer oorgegee is aan die vreugde van dankbaarheid as die angstigheid van verwagting. Dit is genade en genade alleen wat hierdie tipe rustige lewe vir elkeen van ons kan moontlik maak. Wil jy nie vandag uitreik na daardie genade nie?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Paul Tripp's Daily Thanksgiving Devotional

Danksegging is 'n tyd wanneer ons al die goeie dinge onthou wat God uit genade vir ons gegee het. Maar soms verhoed die dolle gejaag van hierdie tyd van die jaar, dat ons tyd maak om God te dank vir al sy baie geskenke. ...

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/new-morning-mercies-hcj/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid