Leesplan inligting

Verhoudingsraad Vir MansVoorbeeld

Relationship Advice For Men

DAG 8 VAN 8

Elke Moontlike Kans



"Al wat ons nodig het om die meeste avonture aan te pak, is 'n hoop wat groter as vrees is" Roger Thompson, "We Stood Upon Stars"



Watter een van die vyf verhoudings waaroor ons gepraat het, het jou aandag nou die meeste nodig? Is dit jou verhouding met 'n vrou vir wie jy lief is, 'n pa of vaderfiguur, kinders, vriende of God? Die laaste een sal jou met die ander help. Eintlik het ek uitgevind dat dit onmoontlik is om die eerste vier op die lys reg te kry sonder hoop in God. 



In die boek Matteus, is Jesus gevra hoe enigeen, wat nog te sê iemand met baie materiële rykdom, in die Koninkryk van God kan kom. In Die Boodskap-vertaling van Matteus 19:26, maak Jesus die speelveld gelyk.



Jesus het stip na hulle gekyk en gesê: "Ja, julle is reg. Op julle eie kan julle nooit daar uitkom nie. Maar God kan enigiets doen. As julle op Hom vertrou, sal Hy sorg dat julle wel in sy wêreld inkom."



In watter verhouding wil jy groei? Waarom het jy 'n leesplan begin met die woord "raad" in die titel? Die meeste mans hou nie eers van raad nie! Lees Jesus se woorde weer, maar vervang hierdie keer "julle" met jou naam.



Herstel van 'n huwelik, om jou kinders beter te leer ken, uitgaan, 'n vrou vind, vriende maak, uitreik na jou pa, watter avontuur jou ook al in die gesig staar - daar is hoop wat sterker is as jou vrees. Jy is nie hierin op jou eie nie. Jy het elke moontlike kans as jy God vertrou om dit te doen.



Kyk na vandag se video en oordink dan die vraag hier onder




Oordink:Op watter verhouding sal jy eerste fokus? Hoe sal dit wees as jy hierdie avontuur aanpak met volle vertroue in God? Hoe sal jy begin?



Kry meer Life.Church inligting vir mans


Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Advice For Men

Hoe sou dit wees as ons nie aan ons prestasies gemeet word nie, maar versterk word deur ons verhoudings? Deur verfrissende verhale, onthul die skrywer, Roger Thomas, die soort sterk verhoudings wat 'n mens vorm. Begin va...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid