Leesplan inligting

MeesterbreinVoorbeeld

Mastermind

DAG 1 VAN 7

Meesterbrein


Verbeel jou jy besit 'n huis. Elke dag loop jy dieselfde paadjie van die sypaadjie na die voordeur — regoor die erf. Mettertyd gaan daar 'n paadjie oor jou grasperk begin vorm aanneem.


Jou verstand is baie soos daardie grasperk.


Dit is op 'n baie ingewikkelde en raaiselagtige manier gekoppel aan die gedurige kommunikasie tussen die neurone in jou brein. Die kommunikasieroetes wat die meeste gebruik word, word sterker in die proses.


Sommige van hierdie kommunikasieroetes help jou om wiskunde te bemeester of om vir grappe te lag. Sommige los egter letsels. Dit programmeer jou om af te sluit, veroorsaak 'n geweldadige woedebui of lei tot verslawing aan skadelike middels en gedrag.


As ons Skepper, verstaan God die ingewikkelde verhouding tussen ons denke en ons brein. Hy het jou ook jou denke gegee wat baie meer is as 'n blote stelsel van elektriese impulse van jou brein: dit is jou eie gewaarwording van jouself, jou identiteit, jou herrinneringe en dit waaroor jy hoop en droom. Daarin is daar hoop.


Wanneer jy kies en besluit om Jesus te volg, word jou ou geskende self nuut gemaak. Die Heilige Gees van God gee jou wonderbaarlike krag om daardie paaie vol letsels te oorkom wat jy slaafs gevolg het en soveel wonde opgedoen het.


Ek weet, want ek het dit ook beleef. Ek was geprogrammeer om af te sluit wanneer ek onverwagse veranderinge en sosiale situasies beleef het. Ek was 'n slaaf van angs. Dit het my jare geneem om die letsels in my denke te identifiseer en selfs langer om te besef ek is nie gedoem om dieselfde paadjie weer en weer te stap nie.


Dit was bevrydend om my swakhede teenoor God te bely en ook aan getroue vriende wat God se waarheid in my lewe gespreek het. Ek het berading gekry, mediese hulp en in God se Woord gesoek vir 'n nuwe pad wat ek kan loop. Ek het daagliks gemediteer op 2 Timoteus 1:7 om aan myself te bewys dat ek nie 'n slaaf was van die letsel van angs nie en dat ek dit baasgeraak het.


Die prikkels is nog daar maar die kommunikasieroetes is nie meer so duidelik en goed gemerk nie. Ek is in beheer van my eie denke deur die krag van Jesus Christus.


Jy kan ook die baas van jou denke wees. As jy deur vandag se Skrifgedeeltes lees, dink aan maniere hoe jy reeds verander is deur die Heilige Gees van God. Vra Hom om aan jou te wys waar jy nog steeds 'n slaaf is van jou ou self en nie die weg van die Heilige Gees soek nie. Vra God in gebed om jou die nuwe pad te wys wat Hy vir jou het, en praat daaroor met 'n vertroude vriend.


— Samantha, Mastering Scars Through Meditation on God’s Truth 


Gebed: Jesus, help my asseblief. Help my om die letsels in my denke raak te sien. Help my om een vir een die regte keuses te maak. Help my om nie te vertoef by die negatiewe, bekende leuens wat seerkry veroorsaak nie. Help my om 'n nuwe pad in my gedagtes te kies wat my na u waarheid sal lei. En dan, help my asseblief om u pad te kies, weer en weer.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Mastermind

Dit is alles in jou kop. Maar wat as dit 'n goeie ding is? Ons gedagtes is meer as net 'n reaksie op wat in ons lewens gebeur — dit is 'n sterk krag wat ons vorm in wat ons is en ook wat ons kan word. Leer by alledaagse ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid