Leesplan inligting

21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

DAG 4 VAN 21

In Markus Hoofstuk 9, het 'n pa sy seun vir Jesus se dissipels gebring. Die seun was van die duiwel besete en 'n epilepsielyer en al het God van te vore mense gesond gemaak deur die dissipels, het niks gebeur toe hulle vir hom gebid het om gesond te word nie. Toe die dissipels die seun na Jesus gebring het is hy genees. Later het die dissipels vir Jesus hierdie vraag gevra: "Waarom kon ons die gees nie uitdrywe nie?” Jesus het geantwoord in vers 29: "Hierdie goed kan met niks anders as met gebed uitgedrywe word nie."



Daar is sekere dinge wat God in ons lewens sal doen maar net in reaksie op die bykomende tyd wat ons in sy teenwoordigheid deurbring wat gekombineer is met vas. Vas breek vestings, bevry mense en beweeg ons in 'n sfeer waar ons God se krag in ons lewens besef. Hoe meer tyd jy met God deurbring, hoe meer gaan jy die hand van God in jou lewe sien op 'n buitengewone manier. 



Miskien is daar 'n struikelblok wat jy al lank in die gesig staar. Miskien het jy al gebid en gebid en jy verstaan nie hoekom jy nie enige vordering maak in die situasie nie.Jy mag dalk dink: "Sal God ooit vir my oorwinning gee?" Jesus se reaksie aan sy dissipels is sy reaksie vir jou — party dinge kom net deur gebed EN vas.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elk...

More

Baie dankie aan James River Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: https://jamesriver.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid