Leesplan inligting

Bybelse Beginsels Om In Entrepreneurskap Te FloreerVoorbeeld

Biblical Principles To Thrive In Entrepreneurship

DAG 4 VAN 4

Aan die begin is "Goed genoeg" in die haak






Ons moet êrens begin met die idee wat God aan ons gegee het. Die doel is ook nie dat die eerste weergawe van jou idee perfek hoef te wees nie. Uit die beginsels in Lukas 16:10 en Sagaria 4:10, wys God ons hoe om klein te begin en dan te groei. 



Dit beteken dat jy nie in die eerste dae van jou onderneming moet verwag dat jou produkte of dienste perfek gaan wees nie. As jy dit verwag, sal jy nooit met jou sakeonderneming aan die gang kom nie. Die doel is om met 'n diens of produk te begin wat "goed genoeg" is en dit mettertyd te verbeter totdat dit perfek is. 



'n Voorbeeld hiervan is die oorspronklike iPad wat 'n rewolusie in die rekenaarmark veroorsaak het, alhoewel 'n paar sleutelfunksies (video-kamera en multi-taakverrigting) ontbreek het. Nietemin was die eerste-generasie iPad's goed genoeg om vrygestel te word. Sedertdien het Apple dit met die vrystelling van elke nuwe generasie iPad's verbeter. 



Wanneer ek na "goed genoeg" verwys, bedoel ek natuurlik nie jou produk of diens moet minderwaardig wees nie. Dit moet darem aan 'n paar basiese standaarde voldoen, maar dit hoef nog nie alle funksies en aantreklikhede te hê nie. 



Toe ek in 2010 met potgooie begin het, het ek die inleidings op my selfoon opgeneem en die webwerf vir die potgooie was nog nie ten volle funksioneel nie. Dit was egter goed genoem om mee te begin. Ek het sedertdien die wyse waarop ek potgooie opneem, en ook die webwerf se ontwerp verbeter. 



Trouens, ek is voortdurend besig om my hele webwerf te herontwerp, asook die wyse waarop ek digitale inhoud skep. 



Die doelwit is om die produk of diens so gou as moontlik vry te stel, want as jy te lank wag om alles perfek te kry, gebeur dit dalk nooit nie. 



Ons finale beginsel om in entrepreneurskap te floreer, is om te begin voordat alles perfek is en om daarmee tevrede te wees.



My gebed is dat hierdie leesplan vir jou 'n seën was. 



Indien jy graag met ons bediening in aanraking wil kom, kan jy inteken op ons gereelde potgooie en meer oor die Woord van God leer vanuit 'n entrepreneur se perspektief, sodat jy in geloof kan groei en insig kan verkry hoe om in jou roeping as entrepreneur sukses te behaal. http://churchforentrepreneurs.com/subscribe/ 


Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Biblical Principles To Thrive In Entrepreneurship

As God jou geroep het om 'n entrepreneur te wees, het Hy jou geroep om in die sakewêreld te floreer. Daar is egter 'n groot verskil tussen idees en om te floreer. As hierdie gaping nie oorbrug word nie, sal jy maklik gef...

More

Baie dankie aan “Church for Entrepreneurs” wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://churchforentrepreneurs.com/about/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid