Leesplan inligting

Ewige Sekerheid Voorbeeld

Eternal Security

DAG 7 VAN 7

  



Die Praktiese Voordele 



Niemand op aarde geniet die seëninge van God so baie soos die mens wat God ken en bewus is daarvan dat hy God ken nie. Hy is geseënd omdat hy 'n lewe van vrede geniet en nie aan 'n vervolgenswaan ly nie. Hy weet God is sy vriend, nie sy vyand nie. God is nie daarop uit om hom te straf nie. Hy geniet 'n lewe van vryheid, nie 'n wettiese lewe nie. Hy hoef nie te presteer om God se guns te verkry of te behou nie. Hy kan met vrymoedigheid voor die troon van genade kom sodat hy barmhartigheid kan verkry. Hy weet hy is aanvaar in die hande van die Geliefde. Hy is vol vertroue en nie verdoem nie.



Die onseker gelowige lei 'n lewe van voortdurende selfveroordeling, nooit heeltemal seker van sy stand met God nie. Iemand wat twyfel oor sy stand met God is dikwels afhanklik van sy eie prestasies, hy kruip terug na God, belowe om beter te lewe, en maak nuwe voornemens wat hy nooit kan nakom nie. 



Was jy al by die "Golden Gate"-brug in San Francisco? Die brug strek 1 280 meter, die langste in die wêreld ten tyde van sy voltooiing. Jy kan jou indink hoe moeilik dit moes gewees het om so 'n brug te bou. Toe dit voltooi is, het die koste byna R433 miljoen beloop. Tydens die konstruksie van die eerste helfte het drie-en-twintig mans na hulle dood geval. Geen veiligheidsnette was op daardie stadium geïnstalleer nie. Met die bou van die tweede helfte van die brug het hulle egter besluit om die grootste veiligheidsnet wat ooit gemaak is, te installeer. Hierdie net het die lewens gered van tien mans wat tydens konstruksie van die brug geval het; maar dit was ook moontlik om 15-25% vinniger te werk, aangesien hulle meer ontspanne kon werk omdat die vrees om na hul dood te val verlig is. Die wete dat hulle veilig sou wees indien hulle val, het hulle in staat gestel om al hul energie aan die taak te wy. Niemand kan sy beste werk doen as hy bang is vir wat kan gebeur nie. God wil ongetwyfeld hê dat ons goeie werke moet doen nadat ons gered is. As ons ons voorstel dat God 'n groot byl oor ons koppe hou, gereed om dit af te kap, sal ons goeie werke deur vrees gemotiveer word. Om God uit vrees te dien, weerhou 'n mens nie net daarvan om sy bes te doen nie, maar beroof hom ook van vreugde. Die gelowige wat weet dat God 'n veiligheidsnet onder hom gespan het, kan God vrylik dien uit 'n dankbare en liefdevolle hart! Mag God jou lei om een ​​van diegene te word wat God ken en weet dat jy Hom ken. Sonder sulke kennis loop die gelowige op eiers voor God. Hy kan vind dat hy 'n wettiese lewe lei en van selfveroordeling. Met dié kennis kan hy egter 'n lewe van vryheid en selfvertroue geniet. As jy vandag sou sterf, weet jy waar jy môre die ewigheid gaan deurbring?


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Eternal Security

Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te verstaan hoekom jou redding in Christus verseker is en jou ook help om die soort lewe na te streef wat God vir jou begeer.

Baie dankie aan Grace School of Theology, in vennootskap met El Centro Netwerk en Adriana Pineda, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.gsot.edu en http://www.elcentronetwork.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid